SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: AfriForum se waterberaad wys op SA se dreigende waterkrisis 24-06-2024
0
03:56

Forum Nuus: AfriForum se waterberaad wys op SA se dreigende waterkrisis 24-06-2024

AfriForum het vandag ’n waterberaad in Centurion gehou waartydens die land se waterkrisis bespreek is. Verskeie kenners, waaronder afgevaardigdes van die Departement van Water en Sanitasie, het hul kennis en oplossings vir dié krisis gedeel. AfriForum het ook verduidelik presies hoe die organisasie beplan om watersekerheid oor die land heen te verseker. Uit die beraad […]
Forum Nuus: AfriForum skenk polisiehond aan SAPD in die Wes-Kaap 02-04-2026
0
02:18

Forum Nuus: AfriForum skenk polisiehond aan SAPD in die Wes-Kaap 02-04-2026

AfriForum het ’n opgeleide polisiehond genaamd Bruno aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se honde-eenheid in die Wes-Kaap geskenk. Bruno sal help om springstof, ammunisie en vuurwapens uit te snuffel. Daar is tans ’n tekort aan polisiehonde en met die skenking wil AfriForum die SAPD se hande sterker maak om misdaad te bekamp.
Forum Nuus: AfriForum skop Boomplantmaand-projek in Pretoria af 04-09-2023
0
01:54

Forum Nuus: AfriForum skop Boomplantmaand-projek in Pretoria af 04-09-2023

AfriForum het vandag hul Boomplantmaand-projek by Wolwespruit in die ooste van Pretoria afgeskop. Tien inheemse witolienhoutboompies is aangeplant op ’n groenstrook waar indringer bome vroeër verwyder is. Die witolienhout is 2023 se nasionale boom van die jaar en is bekend as ’n geharde boom wat vinnig in verskeie habitatte kan groei. AfriForum is op verskeie […]
Forum Nuus: AfriForum skop ondersoek na vullisterreinkrisis af
0
01:58

Forum Nuus: AfriForum skop ondersoek na vullisterreinkrisis af

AfriForum het vandag sy vullisterreinouditprojek vir 2025 in Pretoria afgeskop met die oorhandiging van ’n versoekskrif aan die kantoor van Mamogala Musekene, adjunk-direkteurgeneraal vir Afvalbestuur by die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing.
Forum Nuus: AfriForum soek antwoorde by Emfuleni oor Vanderbijlpark-riool 25-04-2025
0
06:17

Forum Nuus: AfriForum soek antwoorde by Emfuleni oor Vanderbijlpark-riool 25-04-2025

AfriForum het reeds ’n klag by die Menseregtekommissie ingedien en ’n saak by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aanhangig gemaak oor die riool wat daagliks in die strate van Vanderbijlpark vloei. In van die ergste gevalle oorstroom inwoners van CW5 se huise selfs met riool. Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se gebrekkige onderhoud van infrastruktuur is die […]
Forum Nuus: AfriForum stel onderwysgids bekend
0
03:12

Forum Nuus: AfriForum stel onderwysgids bekend

AfriForum het vandag ’n onderwysgids bekendgestel tydens ’n ekspo wat by die AfriForum Teater aangebied is. Personeellede van die organisasie het onderwysers van skole in Pretoria meer vertel van hulle onderskeie afdelings en hoe skole daarby kan baat. Van die dinge wat AfriForum vir skole bied is van batebeveiliging deur Forum Sekuriteit tot by die […]
Forum Nuus: AfriForum stel verslag oor burgerlike verset bekend
0
03:12

Forum Nuus: AfriForum stel verslag oor burgerlike verset bekend

Die burgerregteorganisasie AfriForum en sy geaffilieerde ideesentrum Opinor het vandag ’n verslag bekendgestel wat poog om ’n verstaanbare raamwerk, beide teoreties en prakties, te verskaf vir die aanpak van ’n burgerlikeversetveldtog. Hierdie verslag maak ook gebruik van internasionale kenners en is spesifiek tot die Suid-Afrikaanse politieke konteks geskryf. Lees die volledige verslag hier https://afriforum.co.za/wp-content/uploads/2021/11/Disobeying-the-state-Robert-Duigan.pdf.
Forum Nuus: AfriForum stig eerste privaat brandweer in Bloemfontein 05-06-2024
0
03:11

Forum Nuus: AfriForum stig eerste privaat brandweer in Bloemfontein 05-06-2024

AfriForum het gister in samewerking met Fire Ops dié burgerregteorganisasie se eerste privaat brandweerdiens in Bloemfontein van stapel gestuur. AfriForum-lede in die omgewing en ander intekenaars sal toegang tot dié diens hê. Hierdie is, buiten die organisasie se vullisverwyderingsdiens, nog ’n diens wat gelewer word weens die swak dienslewering wat inwoners van Bloemfontein van die […]
Forum Nuus: AfriForum takel slaggate in Julie 27-06-2024
0
01:44

Forum Nuus: AfriForum takel slaggate in Julie 27-06-2024

AfriForum het vandag die organisasie se nasionale slaggatmaandprojek afgeskop deur twee reuseslaggate in Pretoria-Noord te herstel. AfriForum-takke landwyd gaan van aanstaande week af slaggate in hul onderskeie areas herstel om paaie veiliger en rybaar vir motoriste te maak.
Forum Nuus: AfriForum Teater is soos ‘n wonderwerk
0
03:44

Forum Nuus: AfriForum Teater is soos ‘n wonderwerk

Die AfriForum Teater het vandeesweek sy eerste verjaarsdag gevier met spesiale vertonings vir bejaardes en kinders in Pretoria. Rocco de Villers en Jakkie Louw het opgetree. Die teater het in die afgelope jaar meer as 200 vertonings gehou en 17 000 teatergangers oor sy drumpel verwelkom. “Hierdie is ’n reuse-mylpaal en ons is saam met […]
Forum Nuus: AfriForum toets in Augustus dorpe se water en verwerkte riool
0
01:43

Forum Nuus: AfriForum toets in Augustus dorpe se water en verwerkte riool

Alhoewel die Departement van Water en Sanitasie die afgelope twee jaar weer begin het om sy blou- en groendruppelverslag saam te stel, toets AfriForum steeds jaarliks dorpe se drinkwater (bloudruppel) en verwerkte riool (groendruppel) vir die burgerregtewaghond se blou-en-groendruppelverslag. AfriForum se takke gaan daarom gedurende Augustus die onderskeie dorpe se drinkwater en verwerkte riool toets […]
Forum Nuus: AfriForum Trauma-ondersteuningseenheid
0
03:21

Forum Nuus: AfriForum Trauma-ondersteuningseenheid

AfriForum Trauma-ondersteuningseenheid het onlangs ’n funksie aangebied vir vrouens wat slagoffers van plaasaanvalle was of geliefdes deur ’n plaasmoord verloor het. “Jou hele lewe is omvergegooi. Jy moet trek en skielik drie kinders alleen grootmaak. Dis regtig moeilik. Met die hulp van familie, vriende, AfriForum en die Here se genade, word dinge wel bietjie makliker,” het Malindi Schoonraad, wie se man verlede jaar tydens ’n plaasaanval doodgeskiet is, tydens dié funksie gesê.
Forum Nuus: AfriForum veg teen munisipale verval in Kerksdorp 24/06/2022
0
02:23

Forum Nuus: AfriForum veg teen munisipale verval in Kerksdorp 24/06/2022

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het onlangs ’n hommeltuig bekom en twee taklede vir opleiding as vlieëniers gestuur. Dié tak gebruik dié hommeltuig om misdaad te bekamp. Daar is ook gereelde skoonmaakprojekte in die dorp waar daar met ander organisasies en ondernemings saamgewerk word om munisipale verval teen te werk.
Forum Nuus: AfriForum veg vir behoud van Krugerwildtuin se naam 13-10-2025
0
01:26

Forum Nuus: AfriForum veg vir behoud van Krugerwildtuin se naam 13-10-2025

AfriForum het ’n petisie van stapel gestuur om die Krugerwildtuin se naam te behou. Dit volg ná ’n mosie van die EFF vir die verandering van dié park se naam onlangs in Mpumalanga se provinsiale wetgewer aanvaar is. Besoek www.houkruger.co.za om jou naam by AfriForum se petisie te voeg en ’n stokkie voor die EFF […]
Forum Nuus: AfriForum verduidelik sy planne vir gemeenskappe om dienslewering te versnel
0
02:22

Forum Nuus: AfriForum verduidelik sy planne vir gemeenskappe om dienslewering te versnel

AfriForum se ankerdorpstrategie is daarop gemik om gemeenskappe sterkter te maak gegewe die vinnige agteruitgang en verval in die land en munisipaliteite se onvermoë om dienste te lewer. Die strategie fokus onder meer op die voorsiening van munisipale dienste van gehalte deur ’n selfbestuurmodel. Dienste word gelewer om byvoorbeeld water- en rioolnetwerke weer funksioneel te […]
Forum Nuus: AfriForum verwelkom Malema se skuldigbevinding 01-10-2025
0
01:22

Forum Nuus: AfriForum verwelkom Malema se skuldigbevinding 01-10-2025

Julius Malema, leier van die EFF, is vandag in die Landdroshof in Oos-Londen skuldig bevind op vyf aanklagtes waaronder die afvuur van ’n vuurwapen in ’n beboude gebied sonder genoegsame rede. Dit volg nadat AfriForum in Augustus 2018 strafregtelike klagtes teen Malema aanhangig gemaak het ná ’n video die lig gesien het waarin hy, tydens […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
02:10

Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê

AfriForum se Garsfontein-tak, wat Faerie Glen insluit, het Saterdag in samewerking met Forum Sekuriteit en Golan Tactical op versoek van Betsie Basson, wyksraadslid vir Wyk 45 in Pretoria, vragmotors vol vullis uit die Garsfontein-omgewing weggery. AfriForum het op 8 Augustus aangebied om die Tshwane Metro te help met vullisverwydering ná ’n voortslepende staking die Metro […]
Forum Nuus: AfriForum vier 18 geseënde jare 26-03-2024
0
08:21

Forum Nuus: AfriForum vier 18 geseënde jare 26-03-2024

AfriForum vier vandag sy 18de bestaansjaar en daar kan met reg gesê word dat dié burgerregteorganisasie oor die jare heelwat vermag het. Hierdie organisasie veg sedert 2006 vir die behoud van Afrikaans en vir minderheidsregte. AfriForum het die afgelope 18 jaar ook kaalvuis ingeklim om op te staan teen plaasmoorde en rassisme. Kallie Kriel, Alana […]
Forum Nuus: AfriForum wil 1 000 bome in September plant 03-09-2024
0
01:31

Forum Nuus: AfriForum wil 1 000 bome in September plant 03-09-2024

AfriForum en die organisasie se meer as 160 takke landwyd plant elke jaar gedurende September bome om ’n blywende impak op die natuur te maak. Vanjaar se projek is in Bronkhorstspruit afgeskop waar vrugtebome by die Eden Gemeente geplant is. Gemeenskappe word met hierdie projek bewus gemaak van die belangrikheid van volhoubare omgewingspraktyke en word […]