AfriForum en die organisasie se meer as 160 takke landwyd plant elke jaar gedurende September bome om ’n blywende impak op die natuur te maak. Vanjaar se projek is in Bronkhorstspruit afgeskop waar vrugtebome by die Eden Gemeente geplant is. Gemeenskappe word met hierdie projek bewus gemaak van die belangrikheid van volhoubare omgewingspraktyke en word aangespoor om self verantwoordelikheid te neem vir die beskerming en bewaring van hul omgewing. AfriForum gaan vanjaar poog om 1 000 bome vir hierdie goeie inisiatief te plant.
