Regoor die wêreld is al hoe meer mense besig om voorraad aan te koop en hulle voor te berei op tye van onsekerheid. Maar wat sien hierdie mense raak, en wat laat hulle dink dit is tyd om gereed te wees?
AI, ’n moontlike Derde Wêreldoorlog, nuwe pandemies en finansiële onsekerheid — die wêreld om ons verander vinniger as ooit. Maar te midde van al hierdie onsekerheid is daar GOEIE NUUS!!
Die wêreld se energievoorsiening is onder druk. Oliepryse styg, spanning eskaleer en die vraag ontstaan: Is nuwe ‘lockdowns’ op pad? Kyk wat besig is om te gebeur… ⚠️
Oorloë, chaos, ekonomiese krisisse en ’n wêreld wat al hoe meer onstabiel lyk… maar wat as dit alles nie net verkeerd loop nie, maar presies volgens die Bybelse profesieë ontvou? 👀 In hierdie video kyk ons na die profesieë van profete en profetesse en vra ons die groot vraag: Is die wêreld besig om uitmekaar […]
Die wêreld staan voor ’n moontlike ekonomiese en geopolitieke omwenteling wat die magsbalans tussen lande en wêreldmoondhede ingrypend kan verander. In hierdie video kyk ons na die Groot “Reset”, die groeiende ekonomiese druk en die moontlike gevolge vir gewone mense en ons toekoms.
Wanneer waarheid en vrye spraak ’n bedreiging vir die wêreld se narratief word, kan diegene wat weier om stil te bly, probeer word om stilgemaak te word. Hierdie video kyk na waarom dit belangrik is om vir waarheid en wat reg is op te staan — selfs wanneer dit ’n prys het.
Alex Jones waarsku oor Duitsland, Frankryk en Engeland en die toenemende bedreigings wat volgens hom hierdie drie Europese lande in die gesig kan staar. 🇩🇪🇫🇷🇬🇧 In hierdie video kyk ons na sy opmerkings en wat hy glo die moontlike gevolge vir Europa kan wees.
Hulle kan ons probeer intimideer. Hulle kan onsekerheid saai. Maar hulle kan nie ons geloof, ons moed en ons toekoms steel nie. In moeilike tye staan ons saam, help ons mekaar en bou ons weer op. 🇿🇦
Die waarskuwingstekens is oral. Konflik, energie-onsekerheid, ekonomiese druk en stygende lewenskoste laat een vraag oor: Waarheen is die wêreld op pad?
🌍 Is Suid-Afrika besig om in die middel van ‘n wêreldwye magstryd vasgevang te raak? In hierdie video ondersoek ons die toenemende internasionale druk op Suid-Afrika en bespreek ons of daar tekens is van gekoördineerde pogings om die land ekonomies, diplomaties en polities te verswak. Wat beteken dit vir Suid-Afrika se toekoms? Kyk die video […]
Suid-Afrika se vroue en kinders staar toenemende gevare in die gesig wat nie geïgnoreer kan word nie. Hierdie video is ‘n ernstige waarskuwing oor wat besig is om te gebeur en waarom ons almal aanbeveel om by die Suidlanders aan te sluit.
Xenofobie, verdeeldheid en toenemende spanning laat baie mense vra: Is Suid-Afrika besig om gevaarlike historiese patrone te herhaal? Ons vergelyk die huidige situasie met Rwanda se geskiedenis en kyk na die lesse wat ons daaruit kan leer.
Die huidige momentum van die Anti-vreemdelinge beweging en die weerstand wat begin kan lei tot groot skaalse geweld – met dit in gedagte is tyd nou nie meer ‘n luuksheid, maar ‘n noodsaaklikheid.
Waarom word die weermag ontplooi te midde van toenemende xenofobie, geweld en misdaad in Suid-Afrika? In hierdie video kyk ons na die gebeure, die moontlike oorsake daarvan en die vrae wat baie mense vra oor wat werklik agter die skerms gebeur.
Terwyl plundering en dreigemente in Suid-Afrika toeneem, kyk ons in hierdie video na wat regtig besig is om te gebeur — en waarom mense kalm, wakker en voorbereid moet bly. Geen paniek nie, maar nugtere waarheid oor die spanning teenoor blankes en uitlanders in die land.
Hierdie video kyk na die groeiende verskynsel van xenofobiese spanning en aanvalle in Suid-Afrika. Wat eens sporadies en geïsoleerd was, begin nou al hoe meer momentum kry en breër versprei.