AfriForum het ’n opgeleide polisiehond genaamd Bruno aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) se honde-eenheid in die Wes-Kaap geskenk. Bruno sal help om springstof, ammunisie en vuurwapens uit te snuffel. Daar is tans ’n tekort aan polisiehonde en met die skenking wil AfriForum die SAPD se hande sterker maak om misdaad te bekamp.
