Forum Nuus: AfriForum se waterberaad wys op SA se dreigende waterkrisis 24-06-2024

AfriForum het vandag ’n waterberaad in Centurion gehou waartydens die land se waterkrisis bespreek is. Verskeie kenners, waaronder afgevaardigdes van die Departement van Water en Sanitasie, het hul kennis en oplossings vir dié krisis gedeel. AfriForum het ook verduidelik presies hoe die organisasie beplan om watersekerheid oor die land heen te verseker. Uit die beraad het dit duidelik geword dat samewerking tussen die openbare en privaat sektor al manier is hoe daar verseker kan word dat alle Suid-Afrikaners nou en in die toekoms toegang tot skoon water het. “Running Dry – A Nation on the Brink”, AfriForum se nuutste dokumentêr, is by die beraad bekendgestel en beklemtoon hoe dringend oplossings vir die land se waterkrisis gevind moet word.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.