AfriForum het vandag ’n onderwysgids bekendgestel tydens ’n ekspo wat by die AfriForum Teater aangebied is. Personeellede van die organisasie het onderwysers van skole in Pretoria meer vertel van hulle onderskeie afdelings en hoe skole daarby kan baat. Van die dinge wat AfriForum vir skole bied is van batebeveiliging deur Forum Sekuriteit tot by die AfriForum Teater waar skole hulle geleenthede kan aanbied, die teenboelieveldtog, asook praktiese uitvoerbare aksies soos rampbestuur- en veiligheidsbeplanning en selfs boomplantaksies. ’n Klopjaggids is ook bekendgestel nadat AfriForum dikwels navrae van ouers en onderwysers ontvang het oor deursoeking by skole.
Besigtig die onderwysgids hier: https://afriforum.co.za/wp-content/uploads/2023/07/Onderwys-gids-1.pdf
