SA-nuus613 Videos

Forum Nuus: Voortrekkers leer oor herwinning by AfriForum se Centurion-tak
0
02:27

Forum Nuus: Voortrekkers leer oor herwinning by AfriForum se Centurion-tak

Die Voortrekkers se Klapperkop-kommando se Hiëna-span het vandag (2 Oktober) ingespring om AfriForum se Centurion-tak se buurtspan ’n handjie te gee met hul herwinningsprojek, verfwerk by die Wierdabrug-polisiestasie en ’n skoonmaakprojek in Centurion. Dié gemeenskapsdiens is gedoen ter voorbereiding van spanlede se Presidentverkenner-toekenning.
Forum Nuus: Klein entrepreneurs met groot drome kom byeen
0
03:05

Forum Nuus: Klein entrepreneurs met groot drome kom byeen

Meer as 60 laerskoolleerders het AfriForum se jaarlikse Besigheidsbytjies-werkswinkel vir jong entrepreneurs in Centurion bygewoon. Hier het hulle by entrepreneurs geleer, hul eie produkte gemaak, kreatiewe name daarvoor uitgedink en geleer hoe om dit te bemark.
Solidariteit Beweging maak vyf antwoorde op die VSA se versoeke bekend
0
05:05

Solidariteit Beweging maak vyf antwoorde op die VSA se versoeke bekend

Die Solidariteit Beweging, waarvan AfriForum en Solidariteit deel is, het vandag tydens ’n mediakonferensie in Pretoria vyf antwoorde op die VSA se vyf versoeke bekendgemaak. Die Amerikaanse regering het verlede jaar vyf versoeke aan die Suid-Afrikaanse regering gerig oor kwessies wat ’n geskil tussen die twee lande ontketen het. Die Solidariteit Beweging se vyf antwoorde […]
Forum Nuus: Skole herwin reeds tonne vir AfriForum se Blink of Stink-kompetsie
0
04:07

Forum Nuus: Skole herwin reeds tonne vir AfriForum se Blink of Stink-kompetsie

Vyf laerskole in Potchefstroom en Rustenburg spook tans sake uit in AfriForum se Blink of Stink-herwinningskompetisie. Forum Nuus het by die huidige voorlopers Laerskool M.L. Fick gaan inloer om te sien hoe herwinning by hierdie skool aangepak word. Deelnemende skole het tot 16 Oktober om soveel moontlik te herwin waarna die wenskool met R30 000 […]
Forum Nuus: Amerikaanse ambassadeur besoek AfriForum
0
03:01

Forum Nuus: Amerikaanse ambassadeur besoek AfriForum

L. Brent Bozell III, die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, het vandag AfriForum se gemeenskapsveiligheidsentrum in Centurion besoek. Hy is tydens sy besoek aan verskeie AfriForum-projekte en veiligheidsvermoëns blootgestel. Bozell het tydens sy besoek daarop gewys dat hy hoop dat die Suid-Afrikaanse regering meer sal doen om saam met organisasies soos AfriForum en die gemeenskap te […]
Vervolging wag ook op Fikile Mbalula
0
03:58

Vervolging wag ook op Fikile Mbalula

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sal nou ook strafregtelik vervolg word ná hy Jaco Pieterse, voormalige hoof van Bergview College, as ’n kinderverkragter uitgekryt het.
Forum Nuus: Jong debatteerders beïndruk tydens Dink of Sink se nasionale finaal
0
04:22

Forum Nuus: Jong debatteerders beïndruk tydens Dink of Sink se nasionale finaal

Die Hoërskool Witteberg en Hoërskool Waterkloof is onderskeidelik as junior en senior wenners van vanjaar se nasionale finaal van die Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie aangewys. Deelnemers het oor ’n verskeidenheid onderwerpe binne die Suid-Afrikaanse konteks debat gevoer en hulle uitstekend van hul taak gekwyt.
Forum Nuus: AfriForum se Groenmaand-projek: Plant vetplante uit hul verknorsing
0
04:54

Forum Nuus: AfriForum se Groenmaand-projek: Plant vetplante uit hul verknorsing

AfriForum het vandag ’n projek vir die bewaring van vetplante afgeskop. Dit vorm deel van die burgerregteorganisasie se Groenmaand-projek en is daarop gemik om die publiek te mobiliseer om hul eie vetplante te kweek en vetplante – wat op ’n reuseskaal gestroop word – as’t ware uit hul verknorsing te plant.
Forum Nuus: Skryf nou in vir Entrepreneur van die Jaar-kompetisie
0
05:12

Forum Nuus: Skryf nou in vir Entrepreneur van die Jaar-kompetisie

Dinamiese entrepreneurs met winsgewende ondernemings wat al langer as 1 000 dae, maar minder as 10 jaar lank, sake in Afrikaans doen kan nóú inskryf vir AfriForum se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie. Groot pryse is op die spel. Volg hierdie skakel om meer uit te vind.
Forum Nuus: Spanne slaggereed vir Dink of Sink se finaal
0
04:25

Forum Nuus: Spanne slaggereed vir Dink of Sink se finaal

Die ses senior spanne wat na die eindstryd van vanjaar se Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie deurgedring het, is reeds besig om gereed te maak vir die nasionale finaal wat op 19 September in Pretoria plaasvind. Die tegnieke vir voorbereiding verskil, maar elke span het één doel voor oë – om die ander uit te stof!
Forum Nuus: Hoender-projek gee interkulturele vennootskap vlerke
0
02:43

Forum Nuus: Hoender-projek gee interkulturele vennootskap vlerke

AfriForum en die Batlharo Boo Tokwana Ba Ga Masibi-kultuurgemeenskap wes van Mahikeng in Noordwes het verlede week ’n gesamentlike lêhoender-projek van stapel gestuur. Hierdie projek is daarop gemik om ’n meer selfstandige gemeenskap te bou en ’n volhoubare inkomste te genereer.
Forum Nuus: Nuwe Akademia-kampus vorder fluks
0
04:30

Forum Nuus: Nuwe Akademia-kampus vorder fluks

Konstruksie aan Akademia se nuwe kampus in Pretoria-Oos vorder goed. Forum Nuus het gaan inloer by Francois van Vuuren, ontwikkelingsbestuurder by Kanton, om meer oor hierdie projek uit te vind.
Meisieshoër en Klofies seëvier in AfriForum-debatskompetisie
0
03:16

Meisieshoër en Klofies seëvier in AfriForum-debatskompetisie

Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (span 1) en Hoërskool Waterkloof (span 1) het gister onderskeidelik in die junior en senior kategorie van die Gautengse been van die AfriForum Dink of Sink-onvoorbereidedebatskompetisie geseëvier. Dié spanne sal op 19 September in Centurion aan die nasionale eindstryd deelneem.
AfriForum Sakenetwerk: Die pad na moderne sakesukses
0
04:24

AfriForum Sakenetwerk: Die pad na moderne sakesukses

Meer as 70 besigheidsleiers het gister (22 Julie 2026) byeengekom vir AfriForum se Pretoria Sakenetwerk-geleentheid waartydens Juanita Vorster, ’n gesoute onafhanklike besigheidsadviseur met meer as 24 jaar ervaring, die pad na moderne sakesukses uiteengesit het.
AfriForum-buurtspanne skud Naboomspruit se vere reg vir Bokkieweek 2026
0
02:56

AfriForum-buurtspanne skud Naboomspruit se vere reg vir Bokkieweek 2026

Die Bosveld skud sy vere reg vir Bokkieweek 2026 op Mookgophong (Naboomspruit) en AfriForum se Groter Moot- en Centurion-buurtspanne het gaan help om dié dorp op te knap voor die land se hokkie-, rugby- en netbalspelers van 6 tot 11 Julie daarop toesak. Die buurtspanne het slaggate gevul, padmerkers oorgeverf en bome gesnoei ter voorbereiding […]
Skole – die hartklop van die gemeenskap – in die kollig by beraad
0
04:13

Skole – die hartklop van die gemeenskap – in die kollig by beraad

Forum Nuus gesels met Leon Fourie van SOS en Kallie Kriel van AfriForum by die Toekomsberaad vir skole wat op 23 tot 25 Junie 2026 in Pretoria aangebied is. Hulle vertel meer oor die toekoms van Afrikaanse skole en hoe skole as die hartklop van ’n gemeenskap gekoester moet word.
Forum Nuus: AfriForum onderteken ooreenkoms met die Batlharo Ba Ga Motlhware
0
03:24

Forum Nuus: AfriForum onderteken ooreenkoms met die Batlharo Ba Ga Motlhware

AfriForum en die Batlharo Ba Ga Motlhware-kultuurgemeenskap het verlede week ’n wedersydse erkennings-en-samewerkingsooreenkoms onderteken. Dié burgerregteorganisasie het ook die Batlharo gehelp om ’n lêhoenderprojek van stapel te stuur wat daarop gemik is om ’n winsgewende onderneming vir die gemeenskap in plek te stel.
Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk vereer ondernemings vir hul bydrae tot Afrikaans 08-05-2026
0
03:58

Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk vereer ondernemings vir hul bydrae tot Afrikaans 08-05-2026

AfriForum Sakenetwerk se eerste Tinteltong Toekennings vir 2026 is gister (7 Mei) by ’n glansgeleentheid in Pretoria aan ses ondernemings oorhandig. Hierdie toekennings gee erkenning aan ondernemings wat op hul eie manier bydraes tot Afrikaans maak. Soortgelyke geleenthede sal deur die loop van Mei in Mosselbaai, Kaapstad en Bloemfontein gehou word. Die wenners is soos […]