AfriForum het reeds ’n klag by die Menseregtekommissie ingedien en ’n saak by die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) aanhangig gemaak oor die riool wat daagliks in die strate van Vanderbijlpark vloei. In van die ergste gevalle oorstroom inwoners van CW5 se huise selfs met riool. Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se gebrekkige onderhoud van infrastruktuur is die hoofrede vir die insinking van ’n stuk pypleiding vanuit hierdie woonbuurt wat tot dié probleme aanleiding gegee het.
