Die AfriForum Teater het vandeesweek sy eerste verjaarsdag gevier met spesiale vertonings vir bejaardes en kinders in Pretoria. Rocco de Villers en Jakkie Louw het opgetree. Die teater het in die afgelope jaar meer as 200 vertonings gehou en 17 000 teatergangers oor sy drumpel verwelkom. “Hierdie is ’n reuse-mylpaal en ons is saam met kunstenaars en die publiek bly vir wat die teater die afgelope jaar kon vermag. Hierdie is ’n belangrike bymekaarkomplek vir Afrikaans en vir gemeenskappe wat net kan groei,” sê Carien Bloem, bestuurder van die teater.
