SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: AfriForum wil vanjaar op oplossings fokus tydens vullisterreinouditprojek
0
02:22

Forum Nuus: AfriForum wil vanjaar op oplossings fokus tydens vullisterreinouditprojek

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag sy nasionale vullisterreinouditprojek by die Hatherley-vullisterrein in Mamelodi van stapel gestuur. Hierdie vullisterrein het in 2016 volgens AfriForum se jaarlikse vullisterreinouditverslag aan slegs 36% van die minimum vereistes voldoen, maar verlede jaar, ná AfriForum se volgehoue druk op die munisipaliteit, ’n handomkeer prestasie van 80% behaal.
Forum Nuus: AfriForum woeker in George tydens #AnkerdorpPadskou
0
02:42

Forum Nuus: AfriForum woeker in George tydens #AnkerdorpPadskou

AfriForum het gewoeker in George tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou. Die plaaslike tak het onder meer water getoets, verskeie skoonmaakaksies aangepak en ’n vullisterreinoudit gedoen. AfriVriendelik en AfriForum Onderwys het ook onderskeidelik ’n sakeontbyt en verskeie teenboeliegesprekke in die omgewing aangebied. Die #AnkerdorpPadskou het ook op ’n hoë noot afgesluit met die afskop van die Quo Vadis-gespreksreeks, ’n reeks van gespreksgeleenthede wat deur Ernst Roets in verskeie ankerdorpe aangebied word.
Forum Nuus: AfriForum wys agterstand met bestuurslisensies kán ingehaal word 16-09-2025
0
01:18

Forum Nuus: AfriForum wys agterstand met bestuurslisensies kán ingehaal word 16-09-2025

AfriForum het vandag met ’n funksionerende lisensiekaartdrukker voor die hoofkantoor van die Departement van Vervoer in Pretoria demonstreer dat die druk van bestuurslisensiekaarte nie ’n duur, uitgerekte proses hoef te wees nie. Dié departement het slegs een werkende drukker wat oor die afgelope paar jaar herhaaldelik in die buiteland herstel moes word. Dit het nou […]
Forum Nuus: AfriForum-buurtspan maak verskil in Knysna en omgewing 07-04-2026
0
02:13

Forum Nuus: AfriForum-buurtspan maak verskil in Knysna en omgewing 07-04-2026

AfriForum se Knysna-buurtspan maak reeds ’n reuseverskil om munisipale verval in Knysna en die omliggende gebied teen te werk. Dié span het al onder meer slaggate herstel, padtekens oorgeverf en openbare badkamers in Buffelsbaai herstel. Inwoners kan die herstel van ’n slaggat of die verf van padtekens borg. Besoek www.afriforumdienste.co.za om meer uit te vind.
Forum Nuus: AfriForum-buurtwaglede voltooi gevorderde veiligheidsopleiding 18-09-2023
0
03:50

Forum Nuus: AfriForum-buurtwaglede voltooi gevorderde veiligheidsopleiding 18-09-2023

AfriForum het pas sy negende protospanopleidingskursus in Orania aangebied. 26 buurtwagvrywilligers van die organisasie het dié gespesialiseerde opleiding voltooi wat hand-tot-hand-gevegskuns, mediese opleiding, die beveiliging van tonele en taktiese vuurwapenhantering insluit. AfriForum het tot op hede 160 protospanlede opgelei wat hul onderskeie buurtwagte versterk. AfriForum-protospanne landwyd behaal byna weekliks suksesse en die protospan in Brits […]
Forum Nuus: AfriForum-buurtwagte mobiliseer landwyd om hul gemeenskappe te beveilig 16-10-2023
0
03:36

Forum Nuus: AfriForum-buurtwagte mobiliseer landwyd om hul gemeenskappe te beveilig 16-10-2023

AfriForum se buurtwagte landwyd het die afgelope naweek aan die organisasie se derde nasionale massapatrollie deelgeneem. Heelwat AfriForum-buurtwagte in Gauteng het Vrydagaand by die Voortrekkermonument bymekaargekom vir die afskop van die patrollie. Die Voortrekkermonument was ook in groen gehul ter nagedagtenis aan die slagoffers van plaasaanvalle. Die aanvang van die patrollie is regstreeks uitgesaai om […]
Forum Nuus: AfriForum-Heidelberg pak slaggate met hulp van plaaslike ondernemings
0
05:51

Forum Nuus: AfriForum-Heidelberg pak slaggate met hulp van plaaslike ondernemings

AfriForum se Heidelberg-tak se slaggatprojek is goed op dreef met 2 300 slaggate wat die afgelope vier maande herstel is. Die projek het ook vir vier mense, wat andersins werkloos sou gewees het, ’n geleentheid geskep om ’n inkomste te verdien. Die sukses van Heidelberg se slaggatprojek is grootliks te danke aan Conqueror-sleepwaens en RoadLab […]
Forum Nuus: AfriForum-kongres fokus op gemeenskapsbetrokkenheid 22-08-2024
0
01:36

Forum Nuus: AfriForum-kongres fokus op gemeenskapsbetrokkenheid 22-08-2024

AfriForum se driejaarlikse kongres het vandag by die ATKV-Klein-Kariba buite Bela-Bela afgeskop met die tema “Gemeenskappe as vierde regeringsfeer”. Met dienslewering wat inwoners toenemend in die steek laat, het dit noodsaaklik geword dat AfriForum-takke en -buurtwagte en gemeenskapslede as vierde regeringsfeer toetree om hul onderskeie gebiede skoon, netjies en veilig te hou. Sprekers gaan kongresgangers […]
Forum Nuus: AfriForum-kongres: Kom ons versnel op pad na groter selfbestuur
0
03:12

Forum Nuus: AfriForum-kongres: Kom ons versnel op pad na groter selfbestuur

AfriForum se vierde nasionale kongres word die naweek by Buffelspoort gehou. Die boodskap is dat gemeenskappe in die lig van ’n onbevoegde regering, korrupsie, munisipale verval en agteruitgang vinniger planne sal moet maak om meer onafhanklik van die staat te wees. Gemeenskappe moet versnel en beheer van hul eie veiligheid, buurtwagte, kultuur, erfenis en eie […]
Forum Nuus: AfriForum-ondersteuners help om nuwe lewe in Bob van Reenen te blaas
0
02:34

Forum Nuus: AfriForum-ondersteuners help om nuwe lewe in Bob van Reenen te blaas

Met AfriForum se betrokkenheid lyk dit of die wit olifant, beter bekend as die Bob van Reenen-stadion in Krugersdorp, weer tot sy eertydse glorie herstel gaan word. AfriForum-lede, besighede, politieke partye, lede van die publiek en ander belangstellendes het die afgelope twee naweke gehelp om onder meer dié stadion skoon te maak en gras te […]
Forum Nuus: AfriForum-privaatvervolgingseenheid in hof oor metropolisielede wat roof en ontvoer
0
02:57

Forum Nuus: AfriForum-privaatvervolgingseenheid in hof oor metropolisielede wat roof en ontvoer

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag klaers in die Landdroshof in Pretoria ondersteun waar drie metropolisielede op verskeie ernstige klagtes insluitend korrupsie, ontvoering en intimidasie verskyn het. Adv. Gerrie Nel, hoof van dié eenheid, sê dis tyd dat ’n einde gemaak word aan hierdie soort magsmisbruik en dat die publiek nie in vrees vir die polisie […]
Forum Nuus: AfriForum-protospanopleiding slyp buurtwaglede vir veilige optrede 05-07-2024
0
03:21

Forum Nuus: AfriForum-protospanopleiding slyp buurtwaglede vir veilige optrede 05-07-2024

AfriForum se 12de protospanopleiding is pas afgehandel. AfriForum-buurtwagte van regoor die land identifiseer buurtwaglede om dié kursus by te woon om hulle slaggereed te maak vir verskeie situasies waarin hulle hulself mag bevind sodat hulle hul gemeenskappe binne die raamwerk van die wet kan beskerm. Die kursus bestaan uit teoretiese en praktiese opleiding wat kursusgangers […]
Forum Nuus: AfriForum-span lewer teenboeliepraatjie by die Laerskool Eloff 26-01-2023
0
02:19

Forum Nuus: AfriForum-span lewer teenboeliepraatjie by die Laerskool Eloff 26-01-2023

AfriForum se teenboeliespan het by die Laerskool Eloff besoek afgelê om leerders en onderwysers van die gevare van boeliegedrag bewus te maak. Leerders is ook geleer hoe om boeliegedrag te identifiseer en hoe om op te tree as hulle of ’n maatjie geboelie word. “Daar is boelies by alle skole en dis hoekom hierdie inligting […]
Forum Nuus: AfriForum-takke en boerevereniging in KZN herstel slaggate op R33
0
04:08

Forum Nuus: AfriForum-takke en boerevereniging in KZN herstel slaggate op R33

Die AfriForum-takke in Vryheid en Paulpietersburg het hande gevat met die Kambula-boerevereniging om slaggate op die R33 te herstel. Hierdie projek is aangepak om die mense wat daagliks die pad gebruik se veiligheid te verbeter. Danksy ruim skenkings is 400 sakkies teer bekom om lewensgevaarlike slaggate op dié pad te herstel. Heelwat motoriste se voertuie […]
Forum Nuus: AfriForum-takke in die Mooirivierstreek veg teen munisipale verval
0
05:40

Forum Nuus: AfriForum-takke in die Mooirivierstreek veg teen munisipale verval

Munisipale verval in Suid-Afrika is nie meer nuus nie, maar AfriForum se takke in die Mooirivierstreek, wat Ventersdorp, Potchefstroom, Stilfontein, Klerksdorp, Wolmaransstad, Bothaville, Viljoenskroon, Parys, Sasolburg en Heilbron insluit, is op ’n daaglikse basis besig om deur volhoubare projekte ’n verskil te maak. Daar word onder meer slaggate herstel, gras gesny en skoongemaak waar munisipale […]
Forum Nuus: AfriForum-takke toets water vir jaarlikse blou-en-groendruppelverslag 01-08-2023
0
02:24

Forum Nuus: AfriForum-takke toets water vir jaarlikse blou-en-groendruppelverslag 01-08-2023

AfriForum het vandag die organisasie se jaarlikse blou-en-groendruppelprojek afgeskop. Die boorgatwater by Laerskool Warmbad, asook die munisipale water by dié skool se koshuis is as deel van die projek getoets. Toetse is ook by die dorp se rioolsuiweringswerke gedoen. AfriForum se takke landwyd gaan in Augustus hul onderskeie dorpe se drinkwater (bloudruppel) en verwerkte riool […]
Forum Nuus: AfriForum-takke woeker met Ons Dorp-veldtog
0
03:49

Forum Nuus: AfriForum-takke woeker met Ons Dorp-veldtog

Verskeie AfriForum-takke het reeds ingespring en suksesvolle selfdoenaksies in hul dorpe geloods as deel van AfriForum se Ons Dorp-veldtog, wat vandeesmaand nasionaal uitgerol is. Die Potchefstroom-tak het ’n slaggatprojek geloods, waartydens taklede soggens tussen vyfuur en agtuur slaggate vul. Die Sasolburg-tak het grassnyers aangekoop om die dorp se kenmerkende groen stroke skoon en netjies te hou, terwyl die Kempton Park-tak in samewerking met Mold Empower Serve, oftewel MES, ’n volhoubare herwinningsinisiatief van stapel gestuur het.
Forum Nuus: AfriForum-takverteenwoordigers leer baie by suidstreeksberaad 14-08-2023
0
03:53

Forum Nuus: AfriForum-takverteenwoordigers leer baie by suidstreeksberaad 14-08-2023

AfriForum se suidstreekberaad is die afgelope naweek in Kaapstad gehou waar verskeie takverteenwoordigers toegerus is met vaardighede waarmee hulle verder in hul eie dorpe kan gaan woeker. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het by die beraad gesê hy is opgewonde oor die groei wat AfriForum oor die laaste paar jaar in veral die Wes-Kaap […]
Forum Nuus: AfriForum-traumaeenheid hou funksie ten bate van slagoffers van plaasaanvalle
0
04:06

Forum Nuus: AfriForum-traumaeenheid hou funksie ten bate van slagoffers van plaasaanvalle

Op 19 Augustus bied die AfriForum-traumaeenheid ’n ambassadeursfunksie aan ten bate van slagoffers van plaasaanvalle en –moorde. Die eenheid bestaan sedertdien 2015 en fokus op die ondersteuning van slagoffers van geweldsmisdaad tydens plaasaanvalle. Die pyn en trauma waardeur slagoffers gaan word dikwels onderskat sowel as die behoefte aan emosionele en ander vorme van ondersteuning wat […]
Forum Nuus: AfriForum-vrywilligers gee naweke prys om dorpe op te knap
0
03:49

Forum Nuus: AfriForum-vrywilligers gee naweke prys om dorpe op te knap

AfriForum se vrywilligers is die hart en siel van dié burgerregte-organisasie en gee dikwels hul naweke prys om ’n verskil in hul gemeenskappe te maak. Takke in die Mooirivier-streek het die afgelope naweek gewoeker en slaggate gevul, gras gesny, padtekens geverf en kragbokse beveilig.
Forum Nuus: AfriSake en AfriForum bied nasionale inligtingsessies oor grondonteiening aan
0
03:20

Forum Nuus: AfriSake en AfriForum bied nasionale inligtingsessies oor grondonteiening aan

AfriForum en AfriSake bied tot 10 Mei in-diepte inligtingsessies oor grondonteiening vir gemeenskappe regoor Suid-Afrika aan. Tydens dié sessies, wat in al nege provinsies aangebied gaan word, bespreek die sakeregte-waghond AfriSake die wetlike aspekte van onteiening sonder vergoeding, terwyl AfriForum op die fisiese beskerming van eiendom fokus.
Forum Nuus: AfriVriendelik-opleiding bemagtig entrepreneurs
0
04:11

Forum Nuus: AfriVriendelik-opleiding bemagtig entrepreneurs

AfriVriendelik het vandeesmaand opleiding vir entrepreneurs in die Vrystaat, Wes-Kaap en Gauteng aangebied. Tydens dié sessies word entrepreneurs ingelig oor die geheime van entrepreneurskap en verkope, bemarking en sosiale media met die fokus op ’n teikenmark en Facebook, asook kleinsake geldsake met fokus op belasting.