Die AfriForum-tak in Klerksdorp het onlangs ’n hommeltuig bekom en twee taklede vir opleiding as vlieëniers gestuur. Dié tak gebruik dié hommeltuig om misdaad te bekamp. Daar is ook gereelde skoonmaakprojekte in die dorp waar daar met ander organisasies en ondernemings saamgewerk word om munisipale verval teen te werk.
