Forum Nuus: AfriForum toets in Augustus dorpe se water en verwerkte riool

Alhoewel die Departement van Water en Sanitasie die afgelope twee jaar weer begin het om sy blou- en groendruppelverslag saam te stel, toets AfriForum steeds jaarliks dorpe se drinkwater (bloudruppel) en verwerkte riool (groendruppel) vir die burgerregtewaghond se blou-en-groendruppelverslag. AfriForum se takke gaan daarom gedurende Augustus die onderskeie dorpe se drinkwater en verwerkte riool toets om seker te maak dat dit aan die voorgeskrewe standaarde voldoen. Indien dié toetse aandui dat die water nie veilig is vir menslike gebruik nie, sal die betrokke gemeenskap en die plaaslike munisipaliteit dadelik in kennis gestel word sodat die nodige stappe gedoen kan word om skoon en veilige drinkwater te verseker.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.