SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: Oorwinning in Randfontein rioolsaak kan as bloudruk vir ander gemeenskappe dien
0
01:57

Forum Nuus: Oorwinning in Randfontein rioolsaak kan as bloudruk vir ander gemeenskappe dien

Die boete van R10 miljoen wat die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit opgelê is en die pleitooreenkoms wat hulle met die staat aangegaan het om instandhouding en herstelwerk aan rioolinfrastruktuur in Randfontein te doen én die Departement van Water en Sanitasie hieroor ingelig te hou, is ’n oorwinning en deurbraak op plaaslikeregeringsvlak. Die skulderkenning en […]
Forum Nuus: Pretoria-takke skaf toerusting aan om omgewing skoon te hou 11-05-2022
0
03:30

Forum Nuus: Pretoria-takke skaf toerusting aan om omgewing skoon te hou 11-05-2022

AfriForum se Groter-Moot- en Centurion-tak se tuinspanne werk daagliks om hul onderskeie omgewings skoon en netjies te maak. Dié takke het heelwat toerusting soos trekkers, bossiekappers en grassnyers aangeskaf om in te spring en skoon te maak daar waar die Tshwane Metro tekortskiet. Die Centurion-tak het ook ’n formele ooreenkoms met die Metro aangegaan om […]
Forum Nuus: Rioolkrisis in Hertzogville-strate: AfriForum kla bestuurder aan 06-05-2022
0
01:09

Forum Nuus: Rioolkrisis in Hertzogville-strate: AfriForum kla bestuurder aan 06-05-2022

Die rioolprobleem in Hertzogville (Tokologo Plaaslike Munisipaliteit) in die Vrystaat is onhoudbaar. ’n Gedeelte van Gerhardus Dreyer, wat net buite die dorp boer, se grond is letterlik oorstroom deur riool. Hy moes reeds van sy vee verkoop weens die haglike situasie. Swaar reën die afgelope tyd het sy probleem vererger. Die rioolwerke in die dorp […]
Forum Nuus: Dis hoekom ouers moedertaal kies
0
03:39

Forum Nuus: Dis hoekom ouers moedertaal kies

AfriForum se veldtog teen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys is goed op dreef en ons moenie nou verslap in die stryd teen die ANC-regering se planne om ons skole in die hand van die staat te plaas nie. Die regering se planne om skole se taal- en toelatingsbeleid te sentraliseer, is irrasioneel en in wese […]
Forum Nuus: Gelofte Musiekblyspel skep opnuut hoop vir Afrikaners
0
06:09

Forum Nuus: Gelofte Musiekblyspel skep opnuut hoop vir Afrikaners

In Mei word Die Gelofte Musiekblyspel in die AfriForum Teater aangebied. Dit is ’n gesamentlike projek van AfriForum en Inhoud Huis Musiek. Dit is vanjaar 184 jaar sedert Die Gelofte voor die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 afgelê is. Dit gryp Afrikaners steeds aan die hart en is onlosmaaklik deel van ons geskiedenis […]
Forum Nuus: Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie in die Wes-Kaap afgeskop 08/04/2022
0
02:17

Forum Nuus: Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie in die Wes-Kaap afgeskop 08/04/2022

Vanjaar se Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie het vandeesweek met ’n toer in die Wes-Kaap afgeskop. Twee splinternuwe kategorieë word vanjaar ingesluit vir entrepreneurs met ’n belangstelling in landbou en een vir entrepreneurs in die buiteland. “Ons en ons mediavennoot Pretoria FM is baie opgewonde oor vanjaar se kompetisie en nooi alle skoliere uit om in te skryf om […]
Forum Nuus: Boere het hulp nodig teen sprinkaanplaag
0
02:25

Forum Nuus: Boere het hulp nodig teen sprinkaanplaag

Boere in die Noord-Kaap word geteister deur reuse sprinkaanswerms wat baie groot skade aan oeste aanrig. Die onlangse goeie reën in die provinsie het wydverspreide uitbrekings van bruinsprinkane tot gevolg gehad. Die huidige situasie word in landboukringe as skrikwekkend beskryf met sommige swerms wat oor 20 km en selfs 30 km strek. Streke wat veral […]
Forum Nuus: Privaatvervolgingseenheid staan familie van oud-Recce by
0
02:15

Forum Nuus: Privaatvervolgingseenheid staan familie van oud-Recce by

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag vir Michele Bebbington, verloofde van wyle Terence Tegg, in die landdroshof in Tembisa bygestaan waar sy twee vermeende moordenaars verskyn het. Hulle staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, gewapende roof en kwaadwillige saakbeskadiging. Tegg, ’n oud-Recce en werknemer van Personal Protection Services, is onder meer gestenig tydens […]
Forum Nuus: AfriForum Teater is soos ‘n wonderwerk
0
03:44

Forum Nuus: AfriForum Teater is soos ‘n wonderwerk

Die AfriForum Teater het vandeesweek sy eerste verjaarsdag gevier met spesiale vertonings vir bejaardes en kinders in Pretoria. Rocco de Villers en Jakkie Louw het opgetree. Die teater het in die afgelope jaar meer as 200 vertonings gehou en 17 000 teatergangers oor sy drumpel verwelkom. “Hierdie is ’n reuse-mylpaal en ons is saam met […]
Oproeriges sorg vir opwinding tydens dag drie van hofstryd oor ‘Kill the Boer’
0
03:02

Oproeriges sorg vir opwinding tydens dag drie van hofstryd oor ‘Kill the Boer’

Dag drie van AfriForum se saak teen Julius Malema en die EFF oor haatspraak het met chaos in die hooggeregshof in Johannesburg begin nadat die hofsaak deur skreeuende vroue ontwrig is wat plakkate vertoon het. Hul optrede het gevolg nadat ‘n video vertoon is waarin EFF-lede gister buite die hof Ernst Roets en AfriForum se […]
Forum Nuus: Moordenaar van boer kry 15 jaar
0
03:48

Forum Nuus: Moordenaar van boer kry 15 jaar

Drieka Botha, wie se man Dries in 2017 gesterf het na ’n wrede plaasaanval, het vandag vir een van die beskuldigdes in dié saak gevra om sy masker af te haal en haar in die oë te kyk. Sy het oor die impak van haar man se moord in die Brits-landdroshof getuig kort voor Caiphus […]
Forum Nuus: AfriForum en Mafube Besigheidsforum pak Ramaphosa en ander in hof
0
04:51

Forum Nuus: AfriForum en Mafube Besigheidsforum pak Ramaphosa en ander in hof

Genoeg is genoeg! AfriForum en die Mafube Besigheidsforum is môre (27 Januarie) in die Hooggeregshof in Bloemfontein om pres. Cyril Ramaphosa en ander provinsiale en nasionale departemente te dwing om dienslewering in Frankfort te herstel. Hulle eis dringende ingryping in die dorp wat verval en agteruitgaan en onder ernstige water-, paaie-, vullis- en rioolprobleme gebuk […]
Forum Nuus: Hof beslis matriekuitslae moet bekendgemaak word
0
03:28

Forum Nuus: Hof beslis matriekuitslae moet bekendgemaak word

Willie Spies van Hurter Spies Ing. sê vandag se uitspraak in die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria het oor veel meer gegaan as net toegang tot matriekuitslae. “Ons leef in ’n samelewing waar daar ’n wedywering van idees is. Aan die een kant gaan dit daaroor om die burgerlike samelewing sterk te maak, om ’n sterk […]
Forum Nuus: AfriForum-ondersteuners help om nuwe lewe in Bob van Reenen te blaas
0
02:34

Forum Nuus: AfriForum-ondersteuners help om nuwe lewe in Bob van Reenen te blaas

Met AfriForum se betrokkenheid lyk dit of die wit olifant, beter bekend as die Bob van Reenen-stadion in Krugersdorp, weer tot sy eertydse glorie herstel gaan word. AfriForum-lede, besighede, politieke partye, lede van die publiek en ander belangstellendes het die afgelope twee naweke gehelp om onder meer dié stadion skoon te maak en gras te […]
Forum Nuus: Die Aitsa’s is hier om te bly!
0
04:44

Forum Nuus: Die Aitsa’s is hier om te bly!

“Die Aitsa’s is hier om te bly!,” sê Willie Spies, voorsitter van Pretoria FM, wat die musiektoekennings aangebied het. Tydens dié spoggeleentheid by AfriForum Teater is hulde gebring aan kunstenaars wat ondanks moeilike tye Afrikaanse musiek se naam hoog gehou het. “Om ’n kunstenaar te wees is soms ’n eensame pad. Toekennings soos hierdie beteken […]
Forum Nuus: Nuwe kompetisie vier jonges se kreatiwiteit
0
02:51

Forum Nuus: Nuwe kompetisie vier jonges se kreatiwiteit

Jong kunstenaartjies van regoor die land se kunswerke pronk tans by die Prag en Praal Kunskraal by AfriForum Teater as deel van AfriForum Sakenetwerk se Skolekuns-kompetisie. Dié kompetisie gee vir kinders tussen die ouderdom van 6 en 18 jaar oud die geleentheid om hul kunswerke uit te stal én te verkoop. ’n Paneel van professionele […]
Forum Nuus: AfriForum leer Brakpan-kinders van noodhulp
0
02:36

Forum Nuus: AfriForum leer Brakpan-kinders van noodhulp

AfriForum se Brakpan-tak het onlangs ’n noodhulpkursus as deel van hul #FakkelPleister-projek aan die leerlingraad van die Laerskool Dalview aangebied. Kinders is basiese noodhulpmetodes geleer wat hulle in staat sal stel om hul maats tydens ’n noodsituasie te help. “Die projek sal by 11 laerskole en drie hoërskole in die dorp aangebied word,” sê Gerhard […]
Toe en nou: Bethal-tak se groentetuin voorsien kilogramme kos aan gemeenskap
0
03:21

Toe en nou: Bethal-tak se groentetuin voorsien kilogramme kos aan gemeenskap

Ondanks verskeie terugslae het AfriForum se Bethal-tak ’n groentetuinprojek in ’n jaar en ’n half van stapel gestuur wat gemeenskapslede op ’n volhoubare wyse help voed. In die laaste twee maande het dié groentetuin meer as 600 kilogram spinasie opgelewer, wat aan plekke soos die Bethal-sopkombuis geskenk word. Die tak het ook gróót planne om […]
Forum Nuus: Meer as 3 000 km vir plaasaanvalle en -moorde tydens #HardloopVirHoop afgelê
0
03:08

Forum Nuus: Meer as 3 000 km vir plaasaanvalle en -moorde tydens #HardloopVirHoop afgelê

Meer as 400 mense het die afgelope naweek kom #HardloopVirHoop by die Voortrekkermonument in Pretoria ten bate van die AfriForum Trauma-eenheid se slagofferondersteuningsfonds. Dié eenheid lewer ’n baie unieke, persoonlike diens aan slagoffers van geweldmisdaad, veral slagoffers van plaasaanvalle. Die ultramarathonatleet, Bennie Roux, het ander langasems ook uitgedaag om aan ’n VAT5-kompetisie deel te neem […]
Forum Nuus: AfriForum stel verslag oor burgerlike verset bekend
0
03:12

Forum Nuus: AfriForum stel verslag oor burgerlike verset bekend

Die burgerregteorganisasie AfriForum en sy geaffilieerde ideesentrum Opinor het vandag ’n verslag bekendgestel wat poog om ’n verstaanbare raamwerk, beide teoreties en prakties, te verskaf vir die aanpak van ’n burgerlikeversetveldtog. Hierdie verslag maak ook gebruik van internasionale kenners en is spesifiek tot die Suid-Afrikaanse politieke konteks geskryf. Lees die volledige verslag hier https://afriforum.co.za/wp-content/uploads/2021/11/Disobeying-the-state-Robert-Duigan.pdf.