Die rioolprobleem in Hertzogville (Tokologo Plaaslike Munisipaliteit) in die Vrystaat is onhoudbaar. ’n Gedeelte van Gerhardus Dreyer, wat net buite die dorp boer, se grond is letterlik oorstroom deur riool. Hy moes reeds van sy vee verkoop weens die haglike situasie. Swaar reën die afgelope tyd het sy probleem vererger. Die rioolwerke in die dorp is heeltemal wanfunksioneel. AfriForum het nou strafregtelike klagtes teen die munisipale bestuurder by die polisie ingedien nadat die munisipaliteit vroeër ook op terme geplaas is. Politieke partye het ook al klagtes ingedien, maar van die munisipaliteit se beloftes het net mooi niks gekom nie.
