Forum Nuus: Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie in die Wes-Kaap afgeskop 08/04/2022

Vanjaar se Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie het vandeesweek met ’n toer in die Wes-Kaap afgeskop. Twee splinternuwe kategorieë word vanjaar ingesluit vir entrepreneurs met ’n belangstelling in landbou en een vir entrepreneurs in die buiteland. “Ons en ons mediavennoot Pretoria FM is baie opgewonde oor vanjaar se kompetisie en nooi alle skoliere uit om in te skryf om vir een van die groot pryse in aanmerking te kom. Ons het vandeesweek sewe skole in die Wes-Kaap besoek om die kompetisie af te skop,” sê Leandie Bräsler, Bestuurder van Jeugleierskap by AfriForum.
Besoek www.besigheidsbytjies.co.za om meer uit te vind of om in te skryf.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.