Die boete van R10 miljoen wat die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit opgelê is en die pleitooreenkoms wat hulle met die staat aangegaan het om instandhouding en herstelwerk aan rioolinfrastruktuur in Randfontein te doen én die Departement van Water en Sanitasie hieroor ingelig te hou, is ’n oorwinning en deurbraak op plaaslikeregeringsvlak. Die skulderkenning en vonnis stuur ’n boodskap aan gemeenskappe uit dat hulle hul munisipaliteite wel tot verantwoordbaarheid kan roep en kan dwing om dienste aan hulle te lewer.
