Forum Nuus: Eerste atletiek in 12 jaar by Bob van Reenen danksy AfriForum en Krugersdorp-gemeenskap

As ’n mens twee maande gelede ’n inwoner van Krugersdorp gevra het of daar vandag ’n atletiekbyeenkoms by die Bob van Reenen-stadion aangebied sou word, sou die antwoord waarskynlik ’n ferm “nee” gewees het. Dié stadion was aan die begin van die jaar nog toegegrendel ná vorige munisipaliteite dit heeltemal verwaarloos het. Maar danksy AfriForum, verskeie ander organisasies, plaaslike skole en ’n groot gros vrywilligers is gras gesny en rommel weggery om vandag se eerste atletiekbyeenkoms in meer as 12 jaar moontlik te maak.

(Visited 6 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.