Dag drie van AfriForum se saak teen Julius Malema en die EFF oor haatspraak het met chaos in die hooggeregshof in Johannesburg begin nadat die hofsaak deur skreeuende vroue ontwrig is wat plakkate vertoon het. Hul optrede het gevolg nadat ‘n video vertoon is waarin EFF-lede gister buite die hof Ernst Roets en AfriForum se regspan probeer intimideer en Kill the Boer gesing het. ‘n Man wat deel van die oproeriges was, is geroep om oor die video te getuig. Regter Edwin Molahleni het nie ‘n bevinding gemaak of dié gebeure deel van die hoofaansoek sal wees nie. Roets is vanmiddag onder kruisondervraging geneem en moes vrae antwoord oor sy kundigheid, die aard van die navorsing wat hy rondom plaasmoorde gedoen het en die inhoud en verwysings in sy boek, Kill the Boer. Die saak gaan môre voort.
