SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: AfriForum se George-tak #VegEnBou vir sy gemeenskap
0
04:39

Forum Nuus: AfriForum se George-tak #VegEnBou vir sy gemeenskap

Hoewel AfriForum se takke in die Wes-Kaap nie dieselfde diensleweringsprobleme as die res van die land het nie, is dit vir die burgerregte-organisasie steeds belangrik om die gemeenskap op ander maniere te dien en ook seker te maak dat dié provinsie se owerhede aanhou om sy pligte na te kom. Die tak in George het […]
Forum Nuus: Vroue stap met louere weg in entrepreneurskompetisie
0
03:21

Forum Nuus: Vroue stap met louere weg in entrepreneurskompetisie

Die dames het skoonskip gemaak by AfriForum se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie vir 2021. Tydens dié spoggerige geleentheid, wat by Mongena Game Lodge in die Dinokeng-natuurreservaat aangebied is, is Elzabeth van der Bijl, eienaar van Fynbos, en Alita du Plessis, eienaar van Purple Carrot, onderskeidelik as wenners in dié kompetisie aangewys.
Forum Nuus: AfriForum se Teenboeliespan help om meisies te bemagtig
0
03:15

Forum Nuus: AfriForum se Teenboeliespan help om meisies te bemagtig

AfriForum se Teenboeliespan het hierdie week as deel van Solidariteit Helpende Hand se #Ek is Wondermeisie-projek verskeie skole in die Oos-Kaap besoek om meisies te bemagtig. Meisies is onder meer oor selfverdediging touwys gemaak en oor die wapenrusting van God geleer. “Vir AfriForum se Teenboelie-span is dit belangrik om veligheid in skole te bevorder, want […]
Forum Nuus: privaatvervolgingseenheid verwelkom skuldigbevinding van ouers wat baba mishandel
0
03:51

Forum Nuus: privaatvervolgingseenheid verwelkom skuldigbevinding van ouers wat baba mishandel

Danksy die ingryping van AfriForum se privaatvervolgingseenheid is ’n ouerpaar van Pretoria vandag in die Hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind op aanklagte van aanranding met die opset om ernstig te beseer en kinderverwaarlosing nadat hulle hul baba sedert die ouderdom van vyf weke in Maart tot Julie 2020 mishandel het. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het ingevolge […]
Ons sal self, maar nie alleen nie!
0
01:59

Ons sal self, maar nie alleen nie!

AfriForum se strategie is om te veg en te bou. Ons veg teen bestaande ongeregtighede en bou aan ’n beter toekoms. Die organisasie fokus derhalwe ook op gesamentlike projekte wat interkulturele samewerking bevorder sodat Afrikaners ook veilig, vry en voorspoedig aan die suidpunt van Afrika kan voortbestaan. AfriForum werk op ’n grondslag van wedersydse erkenning […]
Forum Nuus: AfriForum verduidelik sy planne vir gemeenskappe om dienslewering te versnel
0
02:22

Forum Nuus: AfriForum verduidelik sy planne vir gemeenskappe om dienslewering te versnel

AfriForum se ankerdorpstrategie is daarop gemik om gemeenskappe sterkter te maak gegewe die vinnige agteruitgang en verval in die land en munisipaliteite se onvermoë om dienste te lewer. Die strategie fokus onder meer op die voorsiening van munisipale dienste van gehalte deur ’n selfbestuurmodel. Dienste word gelewer om byvoorbeeld water- en rioolnetwerke weer funksioneel te […]
Forum Nuus: AfriForum-kongres: Kom ons versnel op pad na groter selfbestuur
0
03:12

Forum Nuus: AfriForum-kongres: Kom ons versnel op pad na groter selfbestuur

AfriForum se vierde nasionale kongres word die naweek by Buffelspoort gehou. Die boodskap is dat gemeenskappe in die lig van ’n onbevoegde regering, korrupsie, munisipale verval en agteruitgang vinniger planne sal moet maak om meer onafhanklik van die staat te wees. Gemeenskappe moet versnel en beheer van hul eie veiligheid, buurtwagte, kultuur, erfenis en eie […]
Forum Nuus: Akademia stel Fakulteit Opvoedkunde amptelik bekend
0
02:59

Forum Nuus: Akademia stel Fakulteit Opvoedkunde amptelik bekend

Vandag is Onderwysersdag internasionaal gevier. Om met dié viering saam te val het Akademia, die privaat hoëronderwysinstelling, sy Fakulteit Opvoedkunde amptelik bekendgestel. Prof. Irma Eloff, internasionaal bekende onderwyskundige en voormalige Dekaan van Opvoedkunde aan die Universiteit van Pretoria (UP), was die gasspreker en het gewys op ’n raming in 2015 wat daarop gedui het dat […]
Forum Nuus: Vanderbijlpark-tak sit geveg teen staatsverval voort met #VegEnBou-projek
0
02:32

Forum Nuus: Vanderbijlpark-tak sit geveg teen staatsverval voort met #VegEnBou-projek

Terwyl staatsverval ongekende vlakke in Vanderbijlpark bereik het, het die plaaslike AfriForum-tak hul #VegEnBou-week gehou waar daar onder meer slaggate herstel en parke skoongemaak is. Volgens Jan Labuschagne, die plaaslike takvoorsitter, lewer die plaaslike munisipaliteit nie die nodige dienste nie. “Ons het ons gemeenskap en lede baie nodig om ’n verskil in Vanderbijlpark te maak. […]
Forum Nuus: Jongmense bou op hul erfenis
0
02:57

Forum Nuus: Jongmense bou op hul erfenis

Vandag (24 September) vier ons Erfenisdag. Die Afrikaner se erfenis, monumente en erfenisterreine word onder die ANC-regering bedreig en verwaarloos, maar al hoe meer jongmense staan op en is vuur en vlam om by die bewaring en beskerming van hul erfenis betrokke te raak. Hierdie jongmense is, in die woorde van oudpres. Paul Kruger, bereid […]
Forum Nuus: Nuwe aangrypende Anglo-Boereoorlogfilm wys daar is hoop
0
03:14

Forum Nuus: Nuwe aangrypende Anglo-Boereoorlogfilm wys daar is hoop

Die film Begrond, gegrond op die boek van dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het teatergangers gisteraand diep geraak én met trots op hul geskiedenis laat terugkyk. Die vertoning wat in die AfriForum Teater aangebied is, handel oor die verhaal van die Afrikaner se geskiedenis soos ervaar deur ’n familie wat daar was. Dit steun […]
Forum Nuus: Nuwe era ingelui met unieke sertifikaat vir tuisversorging
0
03:02

Forum Nuus: Nuwe era ingelui met unieke sertifikaat vir tuisversorging

Versorging is ’n beroep waarop mense dikwels neerkyk totdat hulle dit egter self nodig het. Solidariteit Helpende Hand het onlangs sy eerste groep vroue wat as geakkrediteerde tuisversorgers opgelei is, vereer. Altesaam 17 studente het vanjaar dié tuisversorgingsopleidingsprogram, ’n eerste van sy soort, in onderskeidelik Bloemfontein en Pretoria suksesvol voltooi en hul dienste is reeds […]
Forum Nuus: AfriForum hou eerste sportdag op Vryburg
0
01:46

Forum Nuus: AfriForum hou eerste sportdag op Vryburg

AfriForum se eerste sportdag in die Stellalandstreek is Saterdag op Vryburg gehou. Sportmanne en -vroue van alle vlakke en ouderdomme het aan die pretloop, bergfietsresies, krieket, rolbal en tennis deelgeneem. Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikkoördineerder vir Stellaland, het die dag as ’n groot sukses bestempel. “Ons almal weet daar is niks soos sport om ’n […]
AfriForum Jeug-internskap bemagtig jong toekomstige leiers
0
02:40

AfriForum Jeug-internskap bemagtig jong toekomstige leiers

Agt AfriForum Jeug-takbestuurslede van regoor die land het onlangs ’n internskap by AfriForum se hoofkantoor in Centurion suksesvol voltooi. Hulle het verskeie opleidingsessies bygewoon, erfenisgebiede besoek, skaduwerk gedoen en moes uiteindelik ’n voorlegging oor die toekoms van AfriForum Jeug aan ’n uitgesoekte paneel in die Forum Films ateljee aanbied. Die doel van die internskap is […]
Forum Nuus: Forum Sekuriteit wil  veiligheid by skole verseker
0
02:36

Forum Nuus: Forum Sekuriteit wil veiligheid by skole verseker

Forum Sekuriteit het die afgelope week twee skole en die Leriba Lodge in Centurion besoek om veiligheidsrisiko-analises te doen. Hiermee word onder meer bepaal waar die perseel moontlik kwesbaar vir misdadige optrede is, maar ook watter ander veiligheidsaspekte opgeskerp moet word. Tarien Cooks, bestuurder van logistiek en administrasie by Forum Sekuriteit, sê skole lê hulle […]
Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk slyp entrepreneursvaardighede met kompetisie
0
03:01

Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk slyp entrepreneursvaardighede met kompetisie

Of jy nou ’n gesoute sakeman is of jou splinternuwe besigheid steeds uit jou ouers se motorhuis bedryf, is dit nooit té laat om jou vaardighede op te skerp nie. Daarom bied die AfriForum Sakenetwerk vanjaar as deel hul Entrepreneur van die Jaar-kompetisie verskeie webinare en werkswinkels aan om nuwe én ervare entrepreneurs meer oor […]
Forum Nuus: Jannie du Toit vier mylpaal met spesiale optredes by die AfriForum Teater
0
02:35

Forum Nuus: Jannie du Toit vier mylpaal met spesiale optredes by die AfriForum Teater

Jannie du Toit (70), legendariese Suid-Afrikaanse liedjieskrywer en sanger, vier vanjaar ’n loopbaan van 50 jaar in die musiekbedryf. Hy is eerskomende Sondag, 5 September, in die AfriForum Teater in Pretoria om dié mylpaal saam met jarelange vriende en aanhangers plaaslik en regoor die wêreld te vier. Kaartjies kos R150 per persoon per vertoning (R120 […]
Forum Nuus: Richardsbaai-tak gryp in om skole gereeld te ontsmet
0
01:51

Forum Nuus: Richardsbaai-tak gryp in om skole gereeld te ontsmet

AfriForum se Richardsbaai-tak het verlede jaar skolehulppakkette aan verskeie skole in hul omgewing, insluitend Little Musketeers, gegee, maar daar het ’n groter behoefte rondom die ontsmetting van skole ontstaan. Die tak en plaaslike gemeenskap het toe hande gevat en sedertdien werk tak- en gemeenskapslede in skofte saam om skoolterreine op ’n gereelde basis te ontsmet. […]
Forum Nuus: Dís hoekom AfriForum by Life Esidemeni-tragedie betrokke geraak het
0
04:59

Forum Nuus: Dís hoekom AfriForum by Life Esidemeni-tragedie betrokke geraak het

AfriForum se privaat vervolgingseenheid soek geregtigheid vir slagoffers van Life Esidimeni en het saam met Solidariteit Helpende Hand betrokke geraak by families van slagoffers van die Life Esidimeni-tragedie. Ná vyf jaar is daar nog geen stappe ná die tragedie nie en die geregtelike doodsondersoek is nou weer tot 30 Augustus uitgestel. Die algemene gevoel is […]
Forum Nuus: Skrywer koester geskiedkundige skatte in sy plaasmuseum
0
03:14

Forum Nuus: Skrywer koester geskiedkundige skatte in sy plaasmuseum

“As iemand nie meer iets wil hê nie, dan gee hulle dit vir my.” Dit is die 73-jarige skrywer, reisiger, amateur-historikus en versamelaar, Nico Moolman, se antwoord op hoe hy ’n museum op sy oudag geopen het, en dít nog buite ’n klein plattelandse dorpie in KwaZulu-Natal. Vandag woon hy en sy vrou, Naomi, op […]
Forum Nuus: AfriForum Gemeenskapsveiligheid bied lugvleuelkamp in Orania aan
0
05:19

Forum Nuus: AfriForum Gemeenskapsveiligheid bied lugvleuelkamp in Orania aan

“Een van die redes waarom ek as ’n buurtwaglid aangesluit het, is omdat AfriForum Gemeenskapsveiligheid vir jou ’n baie groot infrastruktuur, gevestigde netwerke, goeie toerusting en fantastiese opleidingsgeleenthede, soos dié kamp, kan bied,” sê Nelis van Rensburg, voorsitter van AfriForum se Hartebeespoort-buurtwag. Van Rensburg is een van sowat 23 AfriForum-buurtwaglede wat die afgelope naweek ‘n […]
Forum Nuus: AfriForum open kantoor in die Wes-Kaap
0
03:58

Forum Nuus: AfriForum open kantoor in die Wes-Kaap

AfriForum het vandeesweek sy kantoor in Durbanville in die Wes-Kaap amptelik geopen. Die burgerregte-waghond het byna 40 000 lede in dié provinsie en gaan verskeie gemeenskapsprojekte, veral rakende veiligheid, vanuit dié kantoor en deur sy plaaslike takke in die provinsiale strukture, bestuur. AfriForum beywer hom ook vir groeiende outonomie in dié provinsie en sien die […]