Forum Nuus: AfriForum en Mafube Besigheidsforum pak Ramaphosa en ander in hof

Genoeg is genoeg! AfriForum en die Mafube Besigheidsforum is môre (27 Januarie) in die Hooggeregshof in Bloemfontein om pres. Cyril Ramaphosa en ander provinsiale en nasionale departemente te dwing om dienslewering in Frankfort te herstel. Hulle eis dringende ingryping in die dorp wat verval en agteruitgaan en onder ernstige water-, paaie-, vullis- en rioolprobleme gebuk gaan. Die partye wil tot dit gebeur ook die administrasie en dienslewering oorneem. Die Mafube Plaaslike Munisipaliteit, wat bankrot en korrup is, bedien ook Villiers, Tweeling en Cornelia wat sowat 60 000 inwoners verteenwoordig.

(Visited 7 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.