SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: Saak uitgestel teen man wat glo sy vrou vermoor 21-07-2022
0
03:32

Forum Nuus: Saak uitgestel teen man wat glo sy vrou vermoor 21-07-2022

Die saak teen Dieter Bergs wat na bewering sy vrou, Genèe Bergs, vermoor het, is vandag weer in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg uitgestel. Genèe se dogter het AfriForum se privaatvervolgingseenheid in 2019 genader nadat die Nasionale Vervolgingsgesag versuim het om Dieter te vervolg. Die privaatvervolgingseenheid tree ingevolge ’n waaksaamheidsopdrag in dié saak op wat […]
Forum Nuus: AfriForum help om Harrismith se paaie reg te ruk
0
01:13

Forum Nuus: AfriForum help om Harrismith se paaie reg te ruk

Die Maluti-A-Phofung Plaaslike Munisipaliteit in Harrismith versuim al geruime tyd om hul pligte na te kom. Die plaaslike AfriForum-tak het reeds honderde sakkies teer gebruik om slaggate te herstel. “Dis lekker om te sien hoe die plekke waar ons werk regkom,” sê Johan de Bruyn, AfriForum-takvoorsitter in Harrismith.
Forum Nuus: Studente neem deel aan AfriForum se internskap 12-07-22
0
03:15

Forum Nuus: Studente neem deel aan AfriForum se internskap 12-07-22

Nege studente van regoor die land het vanjaar aan AfriForum se jaarlikse internskap deelgeneem. Die interns het aan heelwat aktiwiteite en sessies deelgeneem om meer oor die werksaamhede van die organisasie te leer. Hulle was dit eens dat hierdie ’n baie leersame week was wat hulle toegerus het met verskeie vaardighede. “Indien jy belangstel in […]
Forum Nuus: Slagoffer kry hulp by AfriForum se privaatvervolgingseenheid ná onbehoorlike inmenging
0
01:50

Forum Nuus: Slagoffer kry hulp by AfriForum se privaatvervolgingseenheid ná onbehoorlike inmenging

AfriForum se privaatvervolgingseenheid gaan Zander Oosthuizen bystaan in die aanrandingsaak teen Oupa Chembe. Hy het na bewering verlede jaar by die Key West-winkelsentrum ’n duik in Oosthuizen se kar geskop en hom daarna aangerand. Oosthuizen en twee van sy vriende was nog in skoolklere toe die insident plaasgevind het. Kommer oor onbehoorlike inmenging het daartoe […]
Forum Nuus: OppiKus-musiekfees weer in Margate aangebied
0
04:01

Forum Nuus: OppiKus-musiekfees weer in Margate aangebied

Inwoners aan die Suidkus het die afgelope naweek behoorlik feesgevier tydens die OppiKus-musiekfees. Ongeveer 3 800 mense het vanjaar dié musiekfees in Margate bygewoon. Die fees is weer vir die eerste keer sedert 2019 aangebied en feesgangers is Vrydag en Saterdag vermaak deur kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Jakkie Louw, Demi Lee Moore, Die Campbells, Brenden […]
Forum Nuus: AfriForum veg teen munisipale verval in Kerksdorp 24/06/2022
0
02:23

Forum Nuus: AfriForum veg teen munisipale verval in Kerksdorp 24/06/2022

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het onlangs ’n hommeltuig bekom en twee taklede vir opleiding as vlieëniers gestuur. Dié tak gebruik dié hommeltuig om misdaad te bekamp. Daar is ook gereelde skoonmaakprojekte in die dorp waar daar met ander organisasies en ondernemings saamgewerk word om munisipale verval teen te werk.
Forum Nuus: AfriForum se Bothaville-tak se projekte maak groot verskil 23/06/2022
0
03:22

Forum Nuus: AfriForum se Bothaville-tak se projekte maak groot verskil 23/06/2022

Danksy volgehoue druk wat AfriForum se Bothaville-tak op die Nala Plaaslike Munisipaliteit geplaas het, is ’n rioolprobleem ná twee en ’n halfjaar byna opgelos sodat rioolstorting nie meer in die Valsrivier plaasvind nie. Die tak se buurtwag maak ook suksesvol gebruik van veiligheidskameras om misdadigers aan te keer. Die buurtwag het die brandkrane in die […]
Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk bemagtig entrepreneurs met opleiding 23/06/2022
0
02:36

Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk bemagtig entrepreneurs met opleiding 23/06/2022

AfriForum Sakenetwerk het die afgelope week as deel van die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie opleidingsessies saam met Akademia aangebied. Dié sessies het verband gehou met belangrike aspekte van die entrepreneurswêreld. “Vir entrepreneurs om ’n volhoubare onderneming te bestuur is dit belangrik om konstant in jouself te belê en jouself te bemagtig met nuwe vaardighede,” sê […]
Forum Nuus: AfriForum hou wiele aan die draai in Stilfontein 22/06/2022
0
02:19

Forum Nuus: AfriForum hou wiele aan die draai in Stilfontein 22/06/2022

Was dit nie vir die AfriForum-tak in Stilfontein nie, het dienslewering dalk al heeltemal tot stilstand gekom. Munisipale verval is ’n werklikheid in hierdie dorp in Noordwes, maar AfriForum-taklede en vrywilligers help gereeld om slaggate te herstel, gras te sny en om skoon te maak. ’n Aktiewe AfriForum-buurtwag help ook om misdaad te bekamp.
Forum Nuus: AfriForum se Viljoenskroon-tak wil dorp regruk 21/06/2022
0
03:08

Forum Nuus: AfriForum se Viljoenskroon-tak wil dorp regruk 21/06/2022

’n AfriForum-tak is vroeër vanjaar in Viljoenskroon gestig nadat inwoners besluit het dat hulle eienaarskap van die dorp gaan moet neem en self moet inspring om die dorp op te knap. Dié tak het reeds saam met inwoners slaggate gevul en padtekens geverf. “Ons sal self ’n daadwerklike verskil moet maak. Al begin jy net […]
Forum Nuus: R500 000 boete dalk Malema se voorland in haatspraaksaak
0
02:57

Forum Nuus: R500 000 boete dalk Malema se voorland in haatspraaksaak

Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, meen daar is ’n sterk saak teen Julius Malema en die EFF oor die sing van die liedjie Kill the Boer. Malema sien niks daarmee verkeerd as mense dit sing nie, terwyl AfriForum meen dit is haatspraak en moedig geweld aan. Malema kan met R500 000 […]
Forum Nuus: Botaniese Tuin in Sasolburg met ambisieuse projek skoongemaak
0
02:34

Forum Nuus: Botaniese Tuin in Sasolburg met ambisieuse projek skoongemaak

AfriForum se taklede in Sasolburg laat letterlik nie die gras onder hul voete groei nie. Hulle het in drie maande met ’n ambisieuse grassnyprojek die Botaniese Tuin, wat ’n nes van kriminele aktiwiteite geword het, skoongemaak en omtrent 6 ha gras gesny. Die hoop is om dit binnekort weer ’n plek te maak waar gesinne […]
Forum Nuus: AfriForum-takke in die Mooirivierstreek veg teen munisipale verval
0
05:40

Forum Nuus: AfriForum-takke in die Mooirivierstreek veg teen munisipale verval

Munisipale verval in Suid-Afrika is nie meer nuus nie, maar AfriForum se takke in die Mooirivierstreek, wat Ventersdorp, Potchefstroom, Stilfontein, Klerksdorp, Wolmaransstad, Bothaville, Viljoenskroon, Parys, Sasolburg en Heilbron insluit, is op ’n daaglikse basis besig om deur volhoubare projekte ’n verskil te maak. Daar word onder meer slaggate herstel, gras gesny en skoongemaak waar munisipale […]
Forum Nuus: Reitz-vullisterrein weer toeganklik ná AfriForum ingryp 08-06-2022
0
02:22

Forum Nuus: Reitz-vullisterrein weer toeganklik ná AfriForum ingryp 08-06-2022

AfriForum se Reitz-tak het ’n privaat kontrakteur gebruik om die vullisterrein van dié dorp meer toeganklik te maak nadat die Nketoana Plaaslike Munisipaliteit nie op ’n aanmaningsbrief gereageer het nie. Die terrein is vanaf die teerpad tot waar mense hul vullis moet stort, skoongemaak. Hierdie vullisterrein voldoen, soos baie ander terreine in die land, nie […]
Forum Nuus: AfriForum se Bethlehem-tak vul slaggate om paaie te verbeter 06-06-2022
0
01:33

Forum Nuus: AfriForum se Bethlehem-tak vul slaggate om paaie te verbeter 06-06-2022

Die paaie in baie dorpe is in ’n haglike toestand en AfriForum-takke landwyd spring dikwels in om dit self te herstel. AfriForum se Bethlehem-tak het sedert Januarie vanjaar slaggate in dié dorp opgevul om die paaie rybaar en veiliger vir motoriste te maak. Die tak het reeds 60 ton teer gebruik en gaan steeds voort […]
Forum Nuus: AfriForum dien klagtes in oor riool in Welkom en Kroonstad
0
02:55

Forum Nuus: AfriForum dien klagtes in oor riool in Welkom en Kroonstad

AfriForum het onlangs strafregtelike klagtes teen drie Vrystaatse Plaaslike Munisipaliteite, naamlik Hertzogville (Tokologo), Welkom (Matjhabeng) en Kroonstad (Moqhaka) by die SAPD ingedien. Dit hou verband met gebrekkige dienslewering. In al drie dorpe vloei riool gereeld in die strate met sommige inwoners wat op bakstene moet loop om hul huise te bereik.