AfriForum se Groter-Moot- en Centurion-tak se tuinspanne werk daagliks om hul onderskeie omgewings skoon en netjies te maak. Dié takke het heelwat toerusting soos trekkers, bossiekappers en grassnyers aangeskaf om in te spring en skoon te maak daar waar die Tshwane Metro tekortskiet. Die Centurion-tak het ook ’n formele ooreenkoms met die Metro aangegaan om sekere parke in stand te hou. Inwoners kan gerus met hierdie takke kontak maak om by nog meer aksies betrokke te raak en selfstandigheid in hul gemeenskappe te bevorder.
