Meer as 400 mense het die afgelope naweek kom #HardloopVirHoop by die Voortrekkermonument in Pretoria ten bate van die AfriForum Trauma-eenheid se slagofferondersteuningsfonds. Dié eenheid lewer ’n baie unieke, persoonlike diens aan slagoffers van geweldmisdaad, veral slagoffers van plaasaanvalle. Die ultramarathonatleet, Bennie Roux, het ander langasems ook uitgedaag om aan ’n VAT5-kompetisie deel te neem waartydens spanne van vyf die 5 km-roete soveel kere moontlik moes aandurf.
