AfriForum se Brakpan-tak het onlangs ’n noodhulpkursus as deel van hul #FakkelPleister-projek aan die leerlingraad van die Laerskool Dalview aangebied. Kinders is basiese noodhulpmetodes geleer wat hulle in staat sal stel om hul maats tydens ’n noodsituasie te help. “Die projek sal by 11 laerskole en drie hoërskole in die dorp aangebied word,” sê Gerhard Cilliers, takvoorsitter. “Ons wil hiermee ’n bewustheid vir gemeenskapsgesondheid ontwikkel.”
