SA-nuus604 Videos

Forum Nuus: AfriForum hou wiele aan die draai in Stilfontein 22/06/2022
0
02:19

Forum Nuus: AfriForum hou wiele aan die draai in Stilfontein 22/06/2022

Was dit nie vir die AfriForum-tak in Stilfontein nie, het dienslewering dalk al heeltemal tot stilstand gekom. Munisipale verval is ’n werklikheid in hierdie dorp in Noordwes, maar AfriForum-taklede en vrywilligers help gereeld om slaggate te herstel, gras te sny en om skoon te maak. ’n Aktiewe AfriForum-buurtwag help ook om misdaad te bekamp.
Forum Nuus: AfriForum se Viljoenskroon-tak wil dorp regruk 21/06/2022
0
03:08

Forum Nuus: AfriForum se Viljoenskroon-tak wil dorp regruk 21/06/2022

’n AfriForum-tak is vroeër vanjaar in Viljoenskroon gestig nadat inwoners besluit het dat hulle eienaarskap van die dorp gaan moet neem en self moet inspring om die dorp op te knap. Dié tak het reeds saam met inwoners slaggate gevul en padtekens geverf. “Ons sal self ’n daadwerklike verskil moet maak. Al begin jy net […]
Forum Nuus: R500 000 boete dalk Malema se voorland in haatspraaksaak
0
02:57

Forum Nuus: R500 000 boete dalk Malema se voorland in haatspraaksaak

Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, meen daar is ’n sterk saak teen Julius Malema en die EFF oor die sing van die liedjie Kill the Boer. Malema sien niks daarmee verkeerd as mense dit sing nie, terwyl AfriForum meen dit is haatspraak en moedig geweld aan. Malema kan met R500 000 […]
Forum Nuus: Botaniese Tuin in Sasolburg met ambisieuse projek skoongemaak
0
02:34

Forum Nuus: Botaniese Tuin in Sasolburg met ambisieuse projek skoongemaak

AfriForum se taklede in Sasolburg laat letterlik nie die gras onder hul voete groei nie. Hulle het in drie maande met ’n ambisieuse grassnyprojek die Botaniese Tuin, wat ’n nes van kriminele aktiwiteite geword het, skoongemaak en omtrent 6 ha gras gesny. Die hoop is om dit binnekort weer ’n plek te maak waar gesinne […]
Forum Nuus: AfriForum-takke in die Mooirivierstreek veg teen munisipale verval
0
05:40

Forum Nuus: AfriForum-takke in die Mooirivierstreek veg teen munisipale verval

Munisipale verval in Suid-Afrika is nie meer nuus nie, maar AfriForum se takke in die Mooirivierstreek, wat Ventersdorp, Potchefstroom, Stilfontein, Klerksdorp, Wolmaransstad, Bothaville, Viljoenskroon, Parys, Sasolburg en Heilbron insluit, is op ’n daaglikse basis besig om deur volhoubare projekte ’n verskil te maak. Daar word onder meer slaggate herstel, gras gesny en skoongemaak waar munisipale […]
Forum Nuus: Reitz-vullisterrein weer toeganklik ná AfriForum ingryp 08-06-2022
0
02:22

Forum Nuus: Reitz-vullisterrein weer toeganklik ná AfriForum ingryp 08-06-2022

AfriForum se Reitz-tak het ’n privaat kontrakteur gebruik om die vullisterrein van dié dorp meer toeganklik te maak nadat die Nketoana Plaaslike Munisipaliteit nie op ’n aanmaningsbrief gereageer het nie. Die terrein is vanaf die teerpad tot waar mense hul vullis moet stort, skoongemaak. Hierdie vullisterrein voldoen, soos baie ander terreine in die land, nie […]
Forum Nuus: AfriForum se Bethlehem-tak vul slaggate om paaie te verbeter 06-06-2022
0
01:33

Forum Nuus: AfriForum se Bethlehem-tak vul slaggate om paaie te verbeter 06-06-2022

Die paaie in baie dorpe is in ’n haglike toestand en AfriForum-takke landwyd spring dikwels in om dit self te herstel. AfriForum se Bethlehem-tak het sedert Januarie vanjaar slaggate in dié dorp opgevul om die paaie rybaar en veiliger vir motoriste te maak. Die tak het reeds 60 ton teer gebruik en gaan steeds voort […]
Forum Nuus: AfriForum dien klagtes in oor riool in Welkom en Kroonstad
0
02:55

Forum Nuus: AfriForum dien klagtes in oor riool in Welkom en Kroonstad

AfriForum het onlangs strafregtelike klagtes teen drie Vrystaatse Plaaslike Munisipaliteite, naamlik Hertzogville (Tokologo), Welkom (Matjhabeng) en Kroonstad (Moqhaka) by die SAPD ingedien. Dit hou verband met gebrekkige dienslewering. In al drie dorpe vloei riool gereeld in die strate met sommige inwoners wat op bakstene moet loop om hul huise te bereik.
Forum Nuus: Oorwinning in Randfontein rioolsaak kan as bloudruk vir ander gemeenskappe dien
0
01:57

Forum Nuus: Oorwinning in Randfontein rioolsaak kan as bloudruk vir ander gemeenskappe dien

Die boete van R10 miljoen wat die Rand West City Plaaslike Munisipaliteit opgelê is en die pleitooreenkoms wat hulle met die staat aangegaan het om instandhouding en herstelwerk aan rioolinfrastruktuur in Randfontein te doen én die Departement van Water en Sanitasie hieroor ingelig te hou, is ’n oorwinning en deurbraak op plaaslikeregeringsvlak. Die skulderkenning en […]
Forum Nuus: Pretoria-takke skaf toerusting aan om omgewing skoon te hou 11-05-2022
0
03:30

Forum Nuus: Pretoria-takke skaf toerusting aan om omgewing skoon te hou 11-05-2022

AfriForum se Groter-Moot- en Centurion-tak se tuinspanne werk daagliks om hul onderskeie omgewings skoon en netjies te maak. Dié takke het heelwat toerusting soos trekkers, bossiekappers en grassnyers aangeskaf om in te spring en skoon te maak daar waar die Tshwane Metro tekortskiet. Die Centurion-tak het ook ’n formele ooreenkoms met die Metro aangegaan om […]
Forum Nuus: Rioolkrisis in Hertzogville-strate: AfriForum kla bestuurder aan 06-05-2022
0
01:09

Forum Nuus: Rioolkrisis in Hertzogville-strate: AfriForum kla bestuurder aan 06-05-2022

Die rioolprobleem in Hertzogville (Tokologo Plaaslike Munisipaliteit) in die Vrystaat is onhoudbaar. ’n Gedeelte van Gerhardus Dreyer, wat net buite die dorp boer, se grond is letterlik oorstroom deur riool. Hy moes reeds van sy vee verkoop weens die haglike situasie. Swaar reën die afgelope tyd het sy probleem vererger. Die rioolwerke in die dorp […]
Forum Nuus: Dis hoekom ouers moedertaal kies
0
03:39

Forum Nuus: Dis hoekom ouers moedertaal kies

AfriForum se veldtog teen die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwys is goed op dreef en ons moenie nou verslap in die stryd teen die ANC-regering se planne om ons skole in die hand van die staat te plaas nie. Die regering se planne om skole se taal- en toelatingsbeleid te sentraliseer, is irrasioneel en in wese […]
Forum Nuus: Gelofte Musiekblyspel skep opnuut hoop vir Afrikaners
0
06:09

Forum Nuus: Gelofte Musiekblyspel skep opnuut hoop vir Afrikaners

In Mei word Die Gelofte Musiekblyspel in die AfriForum Teater aangebied. Dit is ’n gesamentlike projek van AfriForum en Inhoud Huis Musiek. Dit is vanjaar 184 jaar sedert Die Gelofte voor die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838 afgelê is. Dit gryp Afrikaners steeds aan die hart en is onlosmaaklik deel van ons geskiedenis […]
Forum Nuus: Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie in die Wes-Kaap afgeskop 08/04/2022
0
02:17

Forum Nuus: Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie in die Wes-Kaap afgeskop 08/04/2022

Vanjaar se Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie het vandeesweek met ’n toer in die Wes-Kaap afgeskop. Twee splinternuwe kategorieë word vanjaar ingesluit vir entrepreneurs met ’n belangstelling in landbou en een vir entrepreneurs in die buiteland. “Ons en ons mediavennoot Pretoria FM is baie opgewonde oor vanjaar se kompetisie en nooi alle skoliere uit om in te skryf om […]
Forum Nuus: Boere het hulp nodig teen sprinkaanplaag
0
02:25

Forum Nuus: Boere het hulp nodig teen sprinkaanplaag

Boere in die Noord-Kaap word geteister deur reuse sprinkaanswerms wat baie groot skade aan oeste aanrig. Die onlangse goeie reën in die provinsie het wydverspreide uitbrekings van bruinsprinkane tot gevolg gehad. Die huidige situasie word in landboukringe as skrikwekkend beskryf met sommige swerms wat oor 20 km en selfs 30 km strek. Streke wat veral […]
Forum Nuus: Privaatvervolgingseenheid staan familie van oud-Recce by
0
02:15

Forum Nuus: Privaatvervolgingseenheid staan familie van oud-Recce by

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag vir Michele Bebbington, verloofde van wyle Terence Tegg, in die landdroshof in Tembisa bygestaan waar sy twee vermeende moordenaars verskyn het. Hulle staan tereg op aanklagte van moord, poging tot moord, gewapende roof en kwaadwillige saakbeskadiging. Tegg, ’n oud-Recce en werknemer van Personal Protection Services, is onder meer gestenig tydens […]
Forum Nuus: AfriForum Teater is soos ‘n wonderwerk
0
03:44

Forum Nuus: AfriForum Teater is soos ‘n wonderwerk

Die AfriForum Teater het vandeesweek sy eerste verjaarsdag gevier met spesiale vertonings vir bejaardes en kinders in Pretoria. Rocco de Villers en Jakkie Louw het opgetree. Die teater het in die afgelope jaar meer as 200 vertonings gehou en 17 000 teatergangers oor sy drumpel verwelkom. “Hierdie is ’n reuse-mylpaal en ons is saam met […]
Oproeriges sorg vir opwinding tydens dag drie van hofstryd oor ‘Kill the Boer’
0
03:02

Oproeriges sorg vir opwinding tydens dag drie van hofstryd oor ‘Kill the Boer’

Dag drie van AfriForum se saak teen Julius Malema en die EFF oor haatspraak het met chaos in die hooggeregshof in Johannesburg begin nadat die hofsaak deur skreeuende vroue ontwrig is wat plakkate vertoon het. Hul optrede het gevolg nadat ‘n video vertoon is waarin EFF-lede gister buite die hof Ernst Roets en AfriForum se […]