Nege studente van regoor die land het vanjaar aan AfriForum se jaarlikse internskap deelgeneem. Die interns het aan heelwat aktiwiteite en sessies deelgeneem om meer oor die werksaamhede van die organisasie te leer. Hulle was dit eens dat hierdie ’n baie leersame week was wat hulle toegerus het met verskeie vaardighede. “Indien jy belangstel in volgende jaar se internskap, raak betrokke by AfriForum se strukture om vir hierdie internskap genooi te word,” sê Ronald Peters, jeugbestuurder by AfriForum.
