Forum Nuus: AfriForum-traumaeenheid hou funksie ten bate van slagoffers van plaasaanvalle

Op 19 Augustus bied die AfriForum-traumaeenheid ’n ambassadeursfunksie aan ten bate van slagoffers van plaasaanvalle en –moorde. Die eenheid bestaan sedertdien 2015 en fokus op die ondersteuning van slagoffers van geweldsmisdaad tydens plaasaanvalle. Die pyn en trauma waardeur slagoffers gaan word dikwels onderskat sowel as die behoefte aan emosionele en ander vorme van ondersteuning wat ná ’n aanval nodig is. Die ambassadeursfunksie het ook ten doel om slagoffers bymekaar te bring waar hulle hul ervarings as deel van die genesingsproses met mekaar kan deel. Ondersteun asseblief hierdie funksie en maak ’n verskil in die lewens van boere en hul gesinne wat al die grootste lyding denkbaar deurgegaan het of geliefdes in die allerverskriklikste omstandighede verloor het.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.