Danksy AfriForum se privaatvervolgingseenheid het die saak teen ’n polisiegeneraal, wat in 2016 beledigende opmerkings oor oudpolisiekaptein Riana Stander en ander opleidingsbeamptes in die SAPD se gewig, kleredrag en velkleur gemaak het, vandag in die Oudtshoorn Landdroshof begin. Sy het op klagtes van crimen injuria verskyn. Die Nasionale Vervolgingsgesag het aanvanklik geweier om te vervolg, maar ná die privaatvervolgingseenheid betrokke geraak het, het hulle hul besluit hersien. Die saak gaan op 2 September voort.
