Inskrywings vir vanjaar se AfriForum Sakenetwerk se Entrepreneur van die Jaar-kompetisie is oop en daar is oudergewoonte weer groot pryse op die spel. Die wenner sal met R50 000 in kontant wegloop, maar volgens Sanderien van der Walt, AfriForum Sakenetwerk se bestuurder, is die blootstelling wat die wenner kry van selfs meer waarde.
