Forum Nuus: AfriForum-Heidelberg pak slaggate met hulp van plaaslike ondernemings

AfriForum se Heidelberg-tak se slaggatprojek is goed op dreef met 2 300 slaggate wat die afgelope vier maande herstel is. Die projek het ook vir vier mense, wat andersins werkloos sou gewees het, ’n geleentheid geskep om ’n inkomste te verdien.
Die sukses van Heidelberg se slaggatprojek is grootliks te danke aan Conqueror-sleepwaens en RoadLab SA. Eersgenoemde onderneming het ’n sleepwa spesifiek vir die tak ontwerp en gebou wat ideaal vir die herstel van slaggate gebruik kan word.
Roadlab, ’n onderneming wat spesialiseer in siviele laboratorium werk, het ’n unieke mengsel ontwerp wat vir die herstel van slaggate in Heidelberg aangewend word. Die koste van hierdie mengsel is aansienlik goedkoper as gewone sakkies teer.
“AfriForum se tak in Heidelberg gaan van krag tot krag danksy die ruim bydrae van al ons borge,” sê Willem Sprong, AfriForum-takvoorsitter in Heidelberg.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.