Forum Nuus: AfriForum dien as katalisator om gemeenskap in Heidelberg te mobiliseer

Heidelberg is ’n dorp ryk aan geskiedenis en dit is waar die digter A.G. Visser ook as dokter gepraktiseer het. Koos Bekker van Naspers was ’n skolier by die Hoër Volkskool en Winston Churchill en Mahatma Gandhi was by geleentheid in die Ou Tronk in die dorp aangehou. Dit is juis by dié geskiedkundige erfenisterrein waar die AfriForum-tak die tuine gaan opknap en groente gaan aanplant om werk te skep en kos aan minder bevoorregtes te voorsien. AfriForum voorsien ook werk aan vier persone wat andersins werkloos sou wees. Hulle help daagliks om die talle slaggate in die dorp te herstel. Meer as 2 300 slaggate is reeds herstel. AfriForum is ook betrokke by ander skoonmaakaksies in die dorp en met die druk wat AfriForum op die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen het, is ’n ernstige rioollekkasie herstel.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.