AfriForum staan nog ’n aanrandingslagoffer, Milena Hill, by in die saak waar John Schuurman (ook bekend as Johnny Rocket) daarvan beskuldig word dat hy haar op 22 Januarie 2022 aangerand het. Haar neus is glo in die voorval gebreek. Schuurman het vandag op aanklagte van aanranding in die Hatfield-landdroshof in Pretoria verskyn. Hill het AfriForum se privaatvervolgingseenheid om hulp genader om seker te maak geregtigheid geskied in die saak. Dié eenheid was ook by ’n soortgelyke saak betrokke toe Jaco Swart aan die aanranding van sy vrou Nicoleen skuldig bevind is.
