SA-nuus604 Videos

Forum Nuus: Teatergangers in vervoering tydens Orkney snork nie-reünie
0
03:55

Forum Nuus: Teatergangers in vervoering tydens Orkney snork nie-reünie

Byna drie dekades nadat Orkney snork nie duisende Afrikaanse huishoudings vasgenael voor die televisie gehad het, vind mense steeds aanklank by dié vermaaklike sitkom. Teatergangers was onlangs in vervoering tydens ’n reünie van die akteurs wat AfriForumTV by die AfriForum Teater in Pretoria aangebied het. Dit het duidelik baie herinneringe by hulle wakker gemaak en […]
Forum Nuus: Takbestuurslede bedink federale plan vir Noordstreek 22-08-2022
0
04:01

Forum Nuus: Takbestuurslede bedink federale plan vir Noordstreek 22-08-2022

Wanneer gekyk word hoe AfriForum se toekomsplan vir federalisme uitgerol word, is dit belangrik dat die land se demografiese werklikhede in ag geneem word. Een model kan nie op alle gemeenskappe van toepassing wees nie. Die werklikhede op die platteland lyk byvoorbeeld anders as in Pretoria en die strategie om uiteindelik vry, veilig en voorspoedig […]
Forum Nuus: Plaasaanvalslagoffers praat oor hul en trauma
0
04:18

Forum Nuus: Plaasaanvalslagoffers praat oor hul en trauma

AfriForum se traumaeenheid het verlede Vrydag hul ambassadeursfunksie ten bate van die slagoffers van plaasaanvalle en –moorde gehou.Tydens die geleentheid is die hartverskeurende en traumatiese ervarings van slagoffers gedeel. Die twaalf ambassadeurs is die oggend in Pretoria bederf en geleentheid gebied om na mekaar uit te reik en ’n ondersteuningsnetwerk te vorm. Die aandfunksie in […]
Forum Nuus: AfriForum se Kaapstad-Noord-tak bevorder selfstandigheid 18-08-2022
0
04:05

Forum Nuus: AfriForum se Kaapstad-Noord-tak bevorder selfstandigheid 18-08-2022

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het verskeie projekte aangepak waarmee hulle selfstandigheid help bevorder sodat gemeenskappe self hulle toekoms in hul eie hande kan neem. Dié tak het onder meer vrugtebome en watertenks aan die Paarl Skool in Brackenfell en aan Jesus in Aksie by die Brackenfell-treinstasie geskenk. Die Paarl Skool is ’n skool vir kinders wat […]
Forum Nuus: AfriForum-Heidelberg pak slaggate met hulp van plaaslike ondernemings
0
05:51

Forum Nuus: AfriForum-Heidelberg pak slaggate met hulp van plaaslike ondernemings

AfriForum se Heidelberg-tak se slaggatprojek is goed op dreef met 2 300 slaggate wat die afgelope vier maande herstel is. Die projek het ook vir vier mense, wat andersins werkloos sou gewees het, ’n geleentheid geskep om ’n inkomste te verdien. Die sukses van Heidelberg se slaggatprojek is grootliks te danke aan Conqueror-sleepwaens en RoadLab […]
Forum Nuus: Beledigende generaal in hof ná AfriForum se privaatvervolgingseenheid toetree
0
01:20

Forum Nuus: Beledigende generaal in hof ná AfriForum se privaatvervolgingseenheid toetree

Danksy AfriForum se privaatvervolgingseenheid het die saak teen ’n polisiegeneraal, wat in 2016 beledigende opmerkings oor oudpolisiekaptein Riana Stander en ander opleidingsbeamptes in die SAPD se gewig, kleredrag en velkleur gemaak het, vandag in die Oudtshoorn Landdroshof begin. Sy het op klagtes van crimen injuria verskyn. Die Nasionale Vervolgingsgesag het aanvanklik geweier om te vervolg, […]
Forum Nuus: De Goede Hoop-koshuis hou opedag vir voornemende inwoners
0
02:39

Forum Nuus: De Goede Hoop-koshuis hou opedag vir voornemende inwoners

De Goede Hoop-koshuis, ’n inisiatief van AfriForum, het Saterdag ’n opedag gehou om voornemende inwoners en hul ouers ’n voorsmakie van die studentelewe hier in Pretoria te gee. Die koshuis is op Afrikaanse en Christelike waardes geskoei en is ’n tuiste vir studente van regoor die land. Daar is tans studente van nege tersiêre instellings […]
Forum Nuus: AfriForum dien as katalisator om gemeenskap in Heidelberg te mobiliseer
0
05:22

Forum Nuus: AfriForum dien as katalisator om gemeenskap in Heidelberg te mobiliseer

Heidelberg is ’n dorp ryk aan geskiedenis en dit is waar die digter A.G. Visser ook as dokter gepraktiseer het. Koos Bekker van Naspers was ’n skolier by die Hoër Volkskool en Winston Churchill en Mahatma Gandhi was by geleentheid in die Ou Tronk in die dorp aangehou. Dit is juis by dié geskiedkundige erfenisterrein […]
Forum Nuus: AfriForum-traumaeenheid hou funksie ten bate van slagoffers van plaasaanvalle
0
04:06

Forum Nuus: AfriForum-traumaeenheid hou funksie ten bate van slagoffers van plaasaanvalle

Op 19 Augustus bied die AfriForum-traumaeenheid ’n ambassadeursfunksie aan ten bate van slagoffers van plaasaanvalle en –moorde. Die eenheid bestaan sedertdien 2015 en fokus op die ondersteuning van slagoffers van geweldsmisdaad tydens plaasaanvalle. Die pyn en trauma waardeur slagoffers gaan word dikwels onderskat sowel as die behoefte aan emosionele en ander vorme van ondersteuning wat […]
Forum Nuus: AfriForum se Kempton Park-tak pak verskeie gemeenskapsprojekte aan 26-07-2022
0
03:10

Forum Nuus: AfriForum se Kempton Park-tak pak verskeie gemeenskapsprojekte aan 26-07-2022

AfriForum se Kempton Park-tak is op verskeie gebiede bedrywig en het heelwat kameras opgerig wat deur beheerkamers gemoniteer word om veiligheid op te skerp. Die tak het ook ’n mobiele gesondheidsentrum met opgeleide, vrywillige mediese personeel wat basiese toetse kan doen en pasiënte na dokters kan verwys indien nodig. Hulle het vanjaar verskeie gemeenskapsprojekte aangepak […]
Forum Nuus: AfriForum help nog ‘n aanrandingslagoffer
0
01:07

Forum Nuus: AfriForum help nog ‘n aanrandingslagoffer

AfriForum staan nog ’n aanrandingslagoffer, Milena Hill, by in die saak waar John Schuurman (ook bekend as Johnny Rocket) daarvan beskuldig word dat hy haar op 22 Januarie 2022 aangerand het. Haar neus is glo in die voorval gebreek. Schuurman het vandag op aanklagte van aanranding in die Hatfield-landdroshof in Pretoria verskyn. Hill het AfriForum […]
Forum Nuus: Saak uitgestel teen man wat glo sy vrou vermoor 21-07-2022
0
03:32

Forum Nuus: Saak uitgestel teen man wat glo sy vrou vermoor 21-07-2022

Die saak teen Dieter Bergs wat na bewering sy vrou, Genèe Bergs, vermoor het, is vandag weer in die Suid-Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg uitgestel. Genèe se dogter het AfriForum se privaatvervolgingseenheid in 2019 genader nadat die Nasionale Vervolgingsgesag versuim het om Dieter te vervolg. Die privaatvervolgingseenheid tree ingevolge ’n waaksaamheidsopdrag in dié saak op wat […]
Forum Nuus: AfriForum help om Harrismith se paaie reg te ruk
0
01:13

Forum Nuus: AfriForum help om Harrismith se paaie reg te ruk

Die Maluti-A-Phofung Plaaslike Munisipaliteit in Harrismith versuim al geruime tyd om hul pligte na te kom. Die plaaslike AfriForum-tak het reeds honderde sakkies teer gebruik om slaggate te herstel. “Dis lekker om te sien hoe die plekke waar ons werk regkom,” sê Johan de Bruyn, AfriForum-takvoorsitter in Harrismith.
Forum Nuus: Studente neem deel aan AfriForum se internskap 12-07-22
0
03:15

Forum Nuus: Studente neem deel aan AfriForum se internskap 12-07-22

Nege studente van regoor die land het vanjaar aan AfriForum se jaarlikse internskap deelgeneem. Die interns het aan heelwat aktiwiteite en sessies deelgeneem om meer oor die werksaamhede van die organisasie te leer. Hulle was dit eens dat hierdie ’n baie leersame week was wat hulle toegerus het met verskeie vaardighede. “Indien jy belangstel in […]
Forum Nuus: Slagoffer kry hulp by AfriForum se privaatvervolgingseenheid ná onbehoorlike inmenging
0
01:50

Forum Nuus: Slagoffer kry hulp by AfriForum se privaatvervolgingseenheid ná onbehoorlike inmenging

AfriForum se privaatvervolgingseenheid gaan Zander Oosthuizen bystaan in die aanrandingsaak teen Oupa Chembe. Hy het na bewering verlede jaar by die Key West-winkelsentrum ’n duik in Oosthuizen se kar geskop en hom daarna aangerand. Oosthuizen en twee van sy vriende was nog in skoolklere toe die insident plaasgevind het. Kommer oor onbehoorlike inmenging het daartoe […]
Forum Nuus: OppiKus-musiekfees weer in Margate aangebied
0
04:01

Forum Nuus: OppiKus-musiekfees weer in Margate aangebied

Inwoners aan die Suidkus het die afgelope naweek behoorlik feesgevier tydens die OppiKus-musiekfees. Ongeveer 3 800 mense het vanjaar dié musiekfees in Margate bygewoon. Die fees is weer vir die eerste keer sedert 2019 aangebied en feesgangers is Vrydag en Saterdag vermaak deur kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Jakkie Louw, Demi Lee Moore, Die Campbells, Brenden […]
Forum Nuus: AfriForum veg teen munisipale verval in Kerksdorp 24/06/2022
0
02:23

Forum Nuus: AfriForum veg teen munisipale verval in Kerksdorp 24/06/2022

Die AfriForum-tak in Klerksdorp het onlangs ’n hommeltuig bekom en twee taklede vir opleiding as vlieëniers gestuur. Dié tak gebruik dié hommeltuig om misdaad te bekamp. Daar is ook gereelde skoonmaakprojekte in die dorp waar daar met ander organisasies en ondernemings saamgewerk word om munisipale verval teen te werk.
Forum Nuus: AfriForum se Bothaville-tak se projekte maak groot verskil 23/06/2022
0
03:22

Forum Nuus: AfriForum se Bothaville-tak se projekte maak groot verskil 23/06/2022

Danksy volgehoue druk wat AfriForum se Bothaville-tak op die Nala Plaaslike Munisipaliteit geplaas het, is ’n rioolprobleem ná twee en ’n halfjaar byna opgelos sodat rioolstorting nie meer in die Valsrivier plaasvind nie. Die tak se buurtwag maak ook suksesvol gebruik van veiligheidskameras om misdadigers aan te keer. Die buurtwag het die brandkrane in die […]
Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk bemagtig entrepreneurs met opleiding 23/06/2022
0
02:36

Forum Nuus: AfriForum Sakenetwerk bemagtig entrepreneurs met opleiding 23/06/2022

AfriForum Sakenetwerk het die afgelope week as deel van die Entrepreneur van die Jaar-kompetisie opleidingsessies saam met Akademia aangebied. Dié sessies het verband gehou met belangrike aspekte van die entrepreneurswêreld. “Vir entrepreneurs om ’n volhoubare onderneming te bestuur is dit belangrik om konstant in jouself te belê en jouself te bemagtig met nuwe vaardighede,” sê […]