Forum Nuus: AfriForum ondersteun tehuis vir gestremdes met regshulp 26-08-2022

AfriForum verleen tans regshulp aan die Sunfield Home Fortuna, ’n tehuis vir fisiese- en verstandelik gestremde persone, nadat dié tehuis se subsidiebedrag wat hulle van die staat ontvang geensins die afgelope 14 jaar verhoog is nie. Die tehuis het verskeie kere versoek dat die subsidiebedrag verhoog word en hulle het maandeliks ’n tekort van sowat R7 000 per inwoner. Die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het die tehuis ook in kennis gestel dat van die gesubsidieerde inwoners teen einde September na ander tehuise verplaas gaan word of terug na hulle families gestuur gaan word. Sommige inwoners woon al vir meer as 30 jaar by Sunfield en dié skielike verplasing sal nie net traumaties wees nie, maar ’n negatiewe uitwerking op hulle fisiese en sielkundige welstand hê.

Volgens Brenda Gouws, algemene bestuurder van die tehuis, is hulle behoeftelys groot. “Ons het baie opknappingswerk wat gedoen moet word en die matrasse is heeltemal gedaan. Ons funksioneer soos ’n gewone huis en het skoonmaakmiddels en toiletware nodig. Kosskenkings is ook altyd welkom.”

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.