Forum Nuus: Plaasaanvalslagoffers praat oor hul en trauma

AfriForum se traumaeenheid het verlede Vrydag hul ambassadeursfunksie ten bate van die slagoffers van plaasaanvalle en –moorde gehou.Tydens die geleentheid is die hartverskeurende en traumatiese ervarings van slagoffers gedeel. Die twaalf ambassadeurs is die oggend in Pretoria bederf en geleentheid gebied om na mekaar uit te reik en ’n ondersteuningsnetwerk te vorm. Die aandfunksie in die AfriForum Teater, waar die sanger en liedjieskrywer Appel opgetree het, het gaste aan die hart gegryp en die omvang van die krisis en dit waardeur slagoffers gaan opnuut belig. Sowat R63 000 is met ’n aanlyn veiling deur Meerkat Online Auctions ingesamel benewens die geld uit kaartjieverkope. Die slagofferfonds word gebruik om emosionele ondersteuning aan slagoffers te gee en ook om in materiële behoeftes te voorsien ná ’n aanval. Etricia du Toit, een van die slagoffers wat al vier plaasaanvalle oorleef het en tydens die laaste een in haar ken geskiet is, het gesê: “As dit nie vir die krag van die Here en die bystand van AfriForum se traumamense was nie, het ek dit nie gemaak nie. Ek is dood eerlik.”

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.