SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: AfriForum en Mthwakazi KaMzilikazi herdenk gedeelde geskiedenis 20-08-2024
0
02:58

Forum Nuus: AfriForum en Mthwakazi KaMzilikazi herdenk gedeelde geskiedenis 20-08-2024

AfriForum en die Mthwakazi KaMzilikazi het op 17 Augustus die Slag van Mosega-monument buite Zeerust skoongemaak. Die Mthwakazi KaMzilikazi is histories die Matabele genoem en staan ook bekend as die Ndebele van Mzilikazi. Tydens die Slag van Vegkop op 16 Oktober 1836 is die Potgieter-trek deur ’n mag van koning Mzilikazi aangeval en van al […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
02:55

Forum Nuus: AfriForum en Saai skenk skoffelploeg aan Gung’s Boerdry 02-06-2023

AfriForum en Saai het as deel van die organisasies se gesamentlike boerderyprojekte ’n skoffelploeg aan Gung’s Boerdry geskenk. Husqvarna het opleiding aan Cynthia Sekgobela, stigter van Gung’s Boerdry en ’n lid van Saai, en haar werker gegee sodat hulle dié skoffelploeg doeltreffend kan aanwend. Hierdie skenking gaan hulle help om hul produktiwiteit te verhoog aangesien […]
Forum Nuus: AfriForum fokus op veiligheid by 2025-streeksberade 12-05-2025
0
04:20

Forum Nuus: AfriForum fokus op veiligheid by 2025-streeksberade 12-05-2025

AfriForum se eerste streeksberaad vir 2025 het die afgelope naweek in die suidstreek plaasgevind. Ongeveer 100 van AfriForum se tak- en buurtwaglede het dié beraad in Durbanville bygewoon. Daar is spesifiek op veiligheid gefokus sodat hierdie lede hul gemeenskappe meer weerbaar kan maak.
Forum Nuus: AfriForum gaan Bela-wet enduit beveg 27-10-2023
0
02:12

Forum Nuus: AfriForum gaan Bela-wet enduit beveg 27-10-2023

AfriForum en verskeie ander besorgde organisasies het gister voor die parlement protes aangeteken oor die Wysigingswetsontwerp op Basiese Onderwyswette (ook bekend as die Bela-wetsontwerp). Enkele ure daarna is dié wetsontwerp deur die Nasionale Vergadering met 223 stemme teenoor 83 aanvaar. Alana Bailey, AfriForum se hoof van Kultuursake, sê daar is egter verskeie stappe wat nog […]
Forum Nuus: AfriForum gaan federalisme in sentraalstreek uitbou
0
04:00

Forum Nuus: AfriForum gaan federalisme in sentraalstreek uitbou

AfriForum se streeksberaad vir sy takke in die Sentraalstreek is net buite Bloemfontein gehou. Groeiende federalisme het, soos met die berade in Kaapstad en Pretoria, weer sterk na vore gekom. Ongeveer 100 takbestuurslede van takke uit die Noord- en Oos-Kaap, Noordwes en die Vrystaat het die beraad bygewoon. Met verskeie paneelgesprekke is AfriForum se takke […]
Forum Nuus: AfriForum gaan verskil in skole maak 16-02-2026
0
04:00

Forum Nuus: AfriForum gaan verskil in skole maak 16-02-2026

AfriForum se tweede streekskongres vir die jaar is die afgelope naweek in Bloemfontein gehou. AfriForum se rol as gemeenskapsbouers en hoe dié organisasie ’n verskil in skole maak, is hiertydens in die kollig geplaas. Forum Nuus het ook gaan aanklop by Henri Wilken, hoof van Hoërskool Jim Fouché, om uit te vind hoe AfriForum reeds […]
Forum Nuus: AfriForum gee Zulu-prins se boerdery ’n hupstoot
0
03:59

Forum Nuus: AfriForum gee Zulu-prins se boerdery ’n hupstoot

AfriForum het pas duisende sade en ’n drupbesproeiingstelsel aan die Bambindlovu-boerdery van Prins Makhosezwe Bambindlovu Zulu geskenk om hierdie boerdery ’n verdere hupstoot te gee om volhoubare boerdery moontlik te maak en sodoende plaaslike inwoners te help voed.
Forum Nuus: AfriForum Gemeenskapsveiligheid bied lugvleuelkamp in Orania aan
0
05:19

Forum Nuus: AfriForum Gemeenskapsveiligheid bied lugvleuelkamp in Orania aan

“Een van die redes waarom ek as ’n buurtwaglid aangesluit het, is omdat AfriForum Gemeenskapsveiligheid vir jou ’n baie groot infrastruktuur, gevestigde netwerke, goeie toerusting en fantastiese opleidingsgeleenthede, soos dié kamp, kan bied,” sê Nelis van Rensburg, voorsitter van AfriForum se Hartebeespoort-buurtwag. Van Rensburg is een van sowat 23 AfriForum-buurtwaglede wat die afgelope naweek ‘n […]
Forum Nuus: AfriForum help Barolong in proses om hul grond van staat terug te eis 29-11-2022
0
03:00

Forum Nuus: AfriForum help Barolong in proses om hul grond van staat terug te eis 29-11-2022

Die Barolong Boo Seleka-tradisionele gemeenskap het tydens ’n gesamentlike mediakonferensie met AfriForum aangekondig dat dié tradisionele gemeenskap die proses begin het om eienaarskap van hul grond by die staat terug te neem wat tans die voog daarvan is. Na verwagting sal ander tradisionele gemeenskappe dieselfde proses kan volg wat verreikende gevolge vir staatsbeheerde grond kan […]
Forum Nuus: AfriForum help Batlokoa Ba Mota-gemeenskap om volhoubare groentetuin te begin 10-12-2025
0
03:12

Forum Nuus: AfriForum help Batlokoa Ba Mota-gemeenskap om volhoubare groentetuin te begin 10-12-2025

AfriForum het vandeesweek opleiding aan die Batlokoa Ba Mota-gemeenskap naby Qwaqwa aangebied om inwoners te help met die vestiging van ’n volhoubare groentetuin. Die saadverskaffer Starke Ayres het die saad vir die aanvangsfase van die projek geskenk. Die groentetuinprojek volg ná AfriForum ook vroeër vanjaar dié gemeenskap gehelp het om ’n sonkragpomp by ’n boorgat […]
Forum Nuus: AfriForum help nog ‘n aanrandingslagoffer
0
01:07

Forum Nuus: AfriForum help nog ‘n aanrandingslagoffer

AfriForum staan nog ’n aanrandingslagoffer, Milena Hill, by in die saak waar John Schuurman (ook bekend as Johnny Rocket) daarvan beskuldig word dat hy haar op 22 Januarie 2022 aangerand het. Haar neus is glo in die voorval gebreek. Schuurman het vandag op aanklagte van aanranding in die Hatfield-landdroshof in Pretoria verskyn. Hill het AfriForum […]
Forum Nuus: AfriForum help om Benoni se damme en mere skoon te maak 15-10-2025
0
04:29

Forum Nuus: AfriForum help om Benoni se damme en mere skoon te maak 15-10-2025

AfriForum, Homestead Helpers en Clean Projects is al ’n geruime tyd besig om indringerplante uit Benoni se damme en mere te verwyder. Die Homesteaddam was tot onlangs toe nog deurtrek van waterhiasinte, maar danksy dié organisasies is die indringerplant hier nou amper heeltemal uitgeroei. Daar is egter nog baie werk wat wag by ander damme […]
Forum Nuus: AfriForum help om Harrismith se paaie reg te ruk
0
01:13

Forum Nuus: AfriForum help om Harrismith se paaie reg te ruk

Die Maluti-A-Phofung Plaaslike Munisipaliteit in Harrismith versuim al geruime tyd om hul pligte na te kom. Die plaaslike AfriForum-tak het reeds honderde sakkies teer gebruik om slaggate te herstel. “Dis lekker om te sien hoe die plekke waar ons werk regkom,” sê Johan de Bruyn, AfriForum-takvoorsitter in Harrismith.
Forum Nuus: AfriForum help strate veiliger maak tydens Ankerdorppadskou
0
01:21

Forum Nuus: AfriForum help strate veiliger maak tydens Ankerdorppadskou

AfriForum het vandag sy Ankerdorppadskou in Waverley, Pretoria, voortgesit waartydens die burgerregte-organisasie dié woongebied verbeter het deur verbleikte padtekens te verf. Die projek is geïdentifiseer weens die veiligheidsrisiko wat ongemerkte paaie vir padverbruikers en skoliere inhou. Die opknappingswerk is hoofsaaklik in strate rondom skole in die Moot gedoen. AfriForum het reeds vandeesweek gewoeker en reuseskoonmaakaksies in Moreletapark en Lyttelton geloods. Môre word die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord besoek. AfriForum nooi die publiek uit om dié geleentheid by te woon om self ’n verskil in hulle gemeenskap te maak. Lede van die publiek kan ook skenkings by die skuiling aflaai. Vir meer inligting oor die padskou besoek AfriForum se webtuiste www.ankerdorp.co.za.
Forum Nuus: AfriForum herwin in Knysna om vulliskrisis te takel 13-04-2026
0
04:11

Forum Nuus: AfriForum herwin in Knysna om vulliskrisis te takel 13-04-2026

‘n Reusevulliskrisis is Knysna se voorland indien daar nie ‘n oplossing vir die huidige probleme met vullisverwydering gevind word nie. Die plaaslike oorlaaistasie vir huishoudelike vullis sukkel om voor te bly. AfriForum se herwinningsdiens is egter ‘n moontlike oplossing vir dié vullisprobleem.
Forum Nuus: AfriForum hou eerste sportdag op Vryburg
0
01:46

Forum Nuus: AfriForum hou eerste sportdag op Vryburg

AfriForum se eerste sportdag in die Stellalandstreek is Saterdag op Vryburg gehou. Sportmanne en -vroue van alle vlakke en ouderdomme het aan die pretloop, bergfietsresies, krieket, rolbal en tennis deelgeneem. Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikkoördineerder vir Stellaland, het die dag as ’n groot sukses bestempel. “Ons almal weet daar is niks soos sport om ’n […]
Forum Nuus: AfriForum hou reuseskoonmaakaksie in Moreletapark tydens #AnkerdorpPadskou
0
02:03

Forum Nuus: AfriForum hou reuseskoonmaakaksie in Moreletapark tydens #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag as deel van sy #AnkerdorpPadskou ’n reuseskoonmaakaksie in Moreletapark, Pretoria, geloods waartydens die gebied rondom ’n vervalle winkelsentrum ontbos en skoongemaak is. Dít vorm deel van verskeie groot aksies wat regoor Pretoria plaasvind. Dié inisiatief word môre in die Waverley-area voortgesit waar die organisasie verbleikte padtekens naby skole gaan verf. AfriForum nooi die publiek uit om dié geleentheid by te woon om self ’n verskil in hulle gemeenskap te kom maak. Selfdoen skep hoop. Word deel van die oplossing.
Forum Nuus: AfriForum hou wiele aan die draai in Stilfontein 22/06/2022
0
02:19

Forum Nuus: AfriForum hou wiele aan die draai in Stilfontein 22/06/2022

Was dit nie vir die AfriForum-tak in Stilfontein nie, het dienslewering dalk al heeltemal tot stilstand gekom. Munisipale verval is ’n werklikheid in hierdie dorp in Noordwes, maar AfriForum-taklede en vrywilligers help gereeld om slaggate te herstel, gras te sny en om skoon te maak. ’n Aktiewe AfriForum-buurtwag help ook om misdaad te bekamp.
Forum Nuus: AfriForum in die parlement om stryd teen Onteieningwetsontwerp verder te voer 28-09-2023
0
01:53

Forum Nuus: AfriForum in die parlement om stryd teen Onteieningwetsontwerp verder te voer 28-09-2023

AfriForum het ’n mondelinge voorlegging voor die Gekose Komitee oor Vervoer, Staatsdiens en Administrasie, Openbare Werke en Infrastruktuur in die parlementêre distrik (Nasionale Raad van Provinsies) in Kaapstad gelewer in die stryd teen die Onteieiningswetsontwerp [B 23 – 2020]. Die ANC-regering se pogings om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, […]