AfriForum het ’n veldtog afgeskop om munisipaliteite in Gauteng te noop om waterlekkasies binne 72 uur nadat dit aangemeld is, te herstel. Die veldtog is daarop gemik om die dreigende “Dag Zero” in dié provinsie af te weer. Besoek www.waterkrisis.co.za om lekkasies op AfriForum se interaktiewe platform aan te meld.
