AfriForum se tweede streekskongres vir die jaar is die afgelope naweek in Bloemfontein gehou. AfriForum se rol as gemeenskapsbouers en hoe dié organisasie ’n verskil in skole maak, is hiertydens in die kollig geplaas. Forum Nuus het ook gaan aanklop by Henri Wilken, hoof van Hoërskool Jim Fouché, om uit te vind hoe AfriForum reeds jare lank ’n bydrae maak om veral veiligheid by dié skool op te skerp.
