Forum Nuus: AfriForum hou eerste sportdag op Vryburg

AfriForum se eerste sportdag in die Stellalandstreek is Saterdag op Vryburg gehou. Sportmanne en -vroue van alle vlakke en ouderdomme het aan die pretloop, bergfietsresies, krieket, rolbal en tennis deelgeneem. Gerhard Nieuwoudt, AfriForum se distrikkoördineerder vir Stellaland, het die dag as ’n groot sukses bestempel. “Ons almal weet daar is niks soos sport om ’n gemeenskap bymekaar te bring nie en met meer as 150 inskrywings was die dag ’n groot sukses,” sê hy. “Heerlike potjiekos is ook gemaak en die gemeenskap het lekker sosiaal verkeer.”

(Visited 10 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.