AfriForum het vandeesweek opleiding aan die Batlokoa Ba Mota-gemeenskap naby Qwaqwa aangebied om inwoners te help met die vestiging van ’n volhoubare groentetuin. Die saadverskaffer Starke Ayres het die saad vir die aanvangsfase van die projek geskenk. Die groentetuinprojek volg ná AfriForum ook vroeër vanjaar dié gemeenskap gehelp het om ’n sonkragpomp by ’n boorgat te installeer en met die aanlê van water na dié tuin en die gemeenskapsentrum.
