‘n Reusevulliskrisis is Knysna se voorland indien daar nie ‘n oplossing vir die huidige probleme met vullisverwydering gevind word nie. Die plaaslike oorlaaistasie vir huishoudelike vullis sukkel om voor te bly. AfriForum se herwinningsdiens is egter ‘n moontlike oplossing vir dié vullisprobleem.
