SA-nuus616 Videos

Forum Nuus: #StopCenturionGrondeis
0
05:02

Forum Nuus: #StopCenturionGrondeis

Sowat 'n duisend lede van die Centurion-gemeenskap het gisteraand by Leriba Lodge in Pretoria vergader om aan AfriForum ’n formele mandaat te gee om ’n residensiële grondeis, wat ongeveer 4 000 hektaar se onroerende eiendom raak en nagenoeg 2 000 huisgesinne betrek, teen te staan.
Forum Nuus: #VirWieMoetEkStem
0
02:34

Forum Nuus: #VirWieMoetEkStem

Is jy more op pad stemlokale toe, maar nog steeds onseker vir wie om te stem? Kyk gerus die volgende video en doen die volgende stembepaler om 'n ingeligte besluit te maak: https://solidariteit.co.za/stem-bepaler/ Die Solidariteit Beweging verteenwoordig egter ’n betekenisvolle meer as 500 000 mense en meen dit is van kritiese belang dat lede in die komende verkiesing gaan stem. “Deur te stem het jy ’n kans om jou stem hieroor te laat hoor.” - Flip Buys
Forum Nuus: 160 jaar se vriendskap tussen Afrikaners en Seleka Barolong is herdenk 31-03-2025
0
05:19

Forum Nuus: 160 jaar se vriendskap tussen Afrikaners en Seleka Barolong is herdenk 31-03-2025

Op 27 Maart 1865 het kgosi Moroka II, die destydse kgosi van die Seleka Barolong, en president Jan Brand, president van die Republiek van die Oranje-Vrystaat, ’n verdrag van alliansie en bondgenootskap onderteken. AfriForum en dié tradisionele gemeenskap het hierdie historiese gebeurtenis verlede week, presies 160 jaar later, herdenk. Tydens die herdenking is die pas […]
Forum Nuus: Affies en Durbanville wen in Dink of Sink- onvoorbereide debatkompetisie 09-10-2023
0
03:19

Forum Nuus: Affies en Durbanville wen in Dink of Sink- onvoorbereide debatkompetisie 09-10-2023

Vanjaar se AfriForum Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie het Saterdag by Leriba-koshuis in Centurion plaasgevind en agt skole het aan die finaal deelgeneem. In dié kompetisie word spanne vyf minute gegun om die onderwerp voor te berei voor die debat begin. Die beoordelaars was beïndruk met die deelnemers se goed deurdenkte argumente en vermoë om […]
Forum Nuus: AfriForum begin opknappings by Ou Presidensie in Bloemfontein
0
04:00

Forum Nuus: AfriForum begin opknappings by Ou Presidensie in Bloemfontein

AfriForum en Vriende van die Presidensie in Bloemfontein is besig om alles in die stryd te werp om die agteruitgang en verwaarlosing by hierdie historiese erfenisterrein te keer. Die departement van sport, kuns en kultuur in die Vrystaat is ook dringend genader om fondse vir broodnodige herstelwerk te bewillig nadat die plafon begin instort het […]
Forum Nuus: AfriForum begrawe swak dienslewering in Parys 18-04-2024
0
03:35

Forum Nuus: AfriForum begrawe swak dienslewering in Parys 18-04-2024

Die AfriForum-tak in Parys het ’n spreekwoordelike begrafnis gehou vir dienslewering. Hierdie dorp en verskeie ander wat onder die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit val gaan gebuk onder swak of geen dienslewering met sommige inwoners wat al by tye vir weke aaneen nie water in hul krane gehad het nie of gereeld met kragonderbrekings sukkel.
Forum Nuus: AfriForum behaal sukses in Welkom
0
02:45

Forum Nuus: AfriForum behaal sukses in Welkom

Die uitdagings in Welkom is groot en die hande om die werk te doen min, maar die AfriForum-tak in die dorp het reeds baie sukses behaal. AfriForum het druk op die Matjhabeng Plaaslike Munisipaliteit uitgeoefen oor die haglike toestande van die vullisterreine in Welkom en Odendaalsrus. Daar is reeds beter toegangsbeheer en organisasie by hierdie […]
Forum Nuus: AfriForum verwyder vullis ná staking Tshwane Metro lamlê
0
03:16

Forum Nuus: AfriForum bemagtig jong entrepreneurs met kompetisie 27-03-2023

AfriForum se Besigheidsbytjies-entrepreneurskompetisie het vandag in Pretoria afgeskop met ’n opleidingsessie vir laer- en hoërskoolleerders. Albert van Wyk, entrepreneur en skrywer van die boek How to Become a Millionaire at 22 , het wenke aan die leerders gegee om suksesvolle ondernemings te bedryf. Praktiese werkswinkels is ook aangebied om die leerders verder met vaardighede te […]
Forum Nuus: AfriForum betoog by parlement teen Bela-wet 23-10-2023
0
01:08

Forum Nuus: AfriForum betoog by parlement teen Bela-wet 23-10-2023

AfriForum, Kaapse Forum, die VF Plus en ander organisasies gaan op 26 Oktober voor die parlement betoog teen die Basiese Onderwyswette (ook bekend as die Bela-wet). Dié omstrede wetgewing sal, indien dit goedgekeur word, die regering die mag gee om onder meer aan beheerliggame voor te skryf oor die onderrigtaal van ’n skool. Sluit Donderdag […]
Forum Nuus: AfriForum dien as katalisator om gemeenskap in Heidelberg te mobiliseer
0
05:22

Forum Nuus: AfriForum dien as katalisator om gemeenskap in Heidelberg te mobiliseer

Heidelberg is ’n dorp ryk aan geskiedenis en dit is waar die digter A.G. Visser ook as dokter gepraktiseer het. Koos Bekker van Naspers was ’n skolier by die Hoër Volkskool en Winston Churchill en Mahatma Gandhi was by geleentheid in die Ou Tronk in die dorp aangehou. Dit is juis by dié geskiedkundige erfenisterrein […]
Forum Nuus: AfriForum dien klag teen Lesufi in oor onregmatige tender van R30 miljoen
0
01:48

Forum Nuus: AfriForum dien klag teen Lesufi in oor onregmatige tender van R30 miljoen

AfriForum het vandag ’n klag van korrupsie by die Wierdabrug-polisiestasie in Centurion teen Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir Onderwys, ingedien. Dit volg op die Gautengse regering se onregmatige toekenning van ’n kontrak ter waarde van R30 miljoen aan die IT-maatskappy In2IT, met wie Lesufi nou bande het en wie ook ’n borgskapooreenkoms met die […]
Forum Nuus: AfriForum dien klagtes in oor riool in Welkom en Kroonstad
0
02:55

Forum Nuus: AfriForum dien klagtes in oor riool in Welkom en Kroonstad

AfriForum het onlangs strafregtelike klagtes teen drie Vrystaatse Plaaslike Munisipaliteite, naamlik Hertzogville (Tokologo), Welkom (Matjhabeng) en Kroonstad (Moqhaka) by die SAPD ingedien. Dit hou verband met gebrekkige dienslewering. In al drie dorpe vloei riool gereeld in die strate met sommige inwoners wat op bakstene moet loop om hul huise te bereik.
Forum Nuus: AfriForum dien klagtes in oor rioolstortings in Parys 28-08-2023
0
02:31

Forum Nuus: AfriForum dien klagtes in oor rioolstortings in Parys 28-08-2023

AfriForum het vandag strafregtelike klagtes teen Tebogo Manele, die waarnemende munisipale bestuurder van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, in Parys ingedien oor voortdurende rioolstortings in die Vaalrivier. AfriForum het drie jaar gelede ’n samewerkingsooreenkoms met die munisipaliteit aangegaan, maar ná AfriForum voorstelle gemaak het oor hoe om dienste in die dorp te verbeter, het die munisipaliteit […]
Forum Nuus: AfriForum dryf veldtog teen ANC se onteienings wetsontwerp
0
02:17

Forum Nuus: AfriForum dryf veldtog teen ANC se onteienings wetsontwerp

Die ANC se poging om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, het verlede jaar in die parlement sonder ’n tweederde meerderheid gesneuwel, maar ’n nuwe wetsontwerp om dieselfde doel te bereik, bedreig nou weer privaateiendomsreg in Suid-Afrika. AfriForum het ’n nuwe veldtog aangekondig wat hierdie wetsontwerp teenstaan. Dié veldtog sal […]
Forum Nuus: AfriForum en Buffelsfontein herstel slaggate in Menlopark 13-09-2023
0
01:41

Forum Nuus: AfriForum en Buffelsfontein herstel slaggate in Menlopark 13-09-2023

AfriForum en Buffelsfontein Beesboerdery het die “ons sal self”-denkwyse toegepas toe hulle met die hulp van die kontrakteur Roadchem ’n sloot en slaggate in Menlopark en Brooklyn in Pretoria herstel het. Dewet Ungerer, AfriForum se koördineerder vir Groter Pretoria-Suid, het beklemtoon hoe baie vermag kan word waar ondernemings en ander organisasies hande vat om saam […]
Forum Nuus: AfriForum en die Seleka Barolong-gemeenskap teken samewerkingsverdrag 12-09-2022
0
03:34

Forum Nuus: AfriForum en die Seleka Barolong-gemeenskap teken samewerkingsverdrag 12-09-2022

AfriForum en die Seleka Barolong-tradisionele gemeenskap het die historiese bande tussen die Seleka Barolong- en Afrikaner-kultuurgemeenskappe laat herleef deur ’n wedersydse erkenning- en samewerkingsverdrag in Thaba ’Nchu, die hoofstad van die Seleka Barolong, te onderteken. Goeie betrekkinge tussen die Afrikaner en Seleka Barolong het reeds in die 1830’s begin. ’n Kantelpunt in die verhouding was […]
Forum Nuus: AfriForum en Indonsa Yesizwe gedenk koning Dinuzulu kaCetshwayo se dood 19-10-2023
0
03:59

Forum Nuus: AfriForum en Indonsa Yesizwe gedenk koning Dinuzulu kaCetshwayo se dood 19-10-2023

AfriForum en die Zoeloe-koninkryk se ideesentrum Indonsa Yesizwe het gister (18 Oktober) die nalatenskap van koning Dinuzulu kaCetshwayo gedenk deur ’n begraafplaas op ’n plaas buite Middelburg, waar ’n aantal van sy direkte familielede begrawe is, saam skoon te maak. Koning Dinuzulu is op 18 Oktober 1913, gister presies 110 jaar gelede, op dié plaas […]
Forum Nuus: AfriForum en Laerskool Boerefort vat hande met herwinningsprojek 25-02-2026
0
02:09

Forum Nuus: AfriForum en Laerskool Boerefort vat hande met herwinningsprojek 25-02-2026

AfriForum en die Laerskool Boerefort in Pretoria het vandeesweek ’n herwinningsprojek by dié skool van stapel gestuur. AfriForum het herwinningspunte op die skoolterrein aangebring waar onder meer glas, papier, plastiek en metaal herwin kan word. Fondse wat uit die projek geïn word, sal aangewend word om AfriForum se buurtspanne verder uit te brei. Besoek www.afriforum.co.za […]
Forum Nuus: AfriForum en Mafube Besigheidsforum pak Ramaphosa en ander in hof
0
04:51

Forum Nuus: AfriForum en Mafube Besigheidsforum pak Ramaphosa en ander in hof

Genoeg is genoeg! AfriForum en die Mafube Besigheidsforum is môre (27 Januarie) in die Hooggeregshof in Bloemfontein om pres. Cyril Ramaphosa en ander provinsiale en nasionale departemente te dwing om dienslewering in Frankfort te herstel. Hulle eis dringende ingryping in die dorp wat verval en agteruitgaan en onder ernstige water-, paaie-, vullis- en rioolprobleme gebuk […]