AfriForum, Homestead Helpers en Clean Projects is al ’n geruime tyd besig om indringerplante uit Benoni se damme en mere te verwyder. Die Homesteaddam was tot onlangs toe nog deurtrek van waterhiasinte, maar danksy dié organisasies is die indringerplant hier nou amper heeltemal uitgeroei. Daar is egter nog baie werk wat wag by ander damme en mere in dié stad voordat Benoni weer sy plek as middelpunt van wateraktiwiteite aan die Oos-Rand kan inneem.
