AfriForum het ’n mondelinge voorlegging voor die Gekose Komitee oor Vervoer, Staatsdiens en Administrasie, Openbare Werke en Infrastruktuur in die parlementêre distrik (Nasionale Raad van Provinsies) in Kaapstad gelewer in die stryd teen die Onteieiningswetsontwerp [B 23 – 2020]. Die ANC-regering se pogings om die Grondwet te wysig om onteiening sonder vergoeding moontlik te maak, het reeds gesneuwel en hierdie wetsontwerp word gesien as ’n alternatiewe wyse van die regering om onteiening op ’n ander manier moontlik te maak. AfriForum se voorlegging het verskeie polities ongerieflike feite uitgewys en alternatiewe oplossings voorgestel.
