Forum Nuus: AfriForum en die Seleka Barolong-gemeenskap teken samewerkingsverdrag 12-09-2022

AfriForum en die Seleka Barolong-tradisionele gemeenskap het die historiese bande tussen die Seleka Barolong- en Afrikaner-kultuurgemeenskappe laat herleef deur ’n wedersydse erkenning- en samewerkingsverdrag in Thaba ’Nchu, die hoofstad van die Seleka Barolong, te onderteken. Goeie betrekkinge tussen die Afrikaner en Seleka Barolong het reeds in die 1830’s begin. ’n Kantelpunt in die verhouding was toe Kgosi Moroka II die Voortrekkers ná die Slag van Vegkop in 1836 te hulp gesnel het deur broodnodige trekosse aan hulle te stuur toe hulle in groot nood verkeer het en op die slagveld gestrand was nadat al hul vee weggevoer is. AfriForum het die Seleka Barolong-gemeenskap ook die afgelope drie jaar by verskeie geleenthede ondersteun onder meer met ’n hofsaak en ’n landbouontwikkelingsprojek.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.