AfriForum, Kaapse Forum, die VF Plus en ander organisasies gaan op 26 Oktober voor die parlement betoog teen die Basiese Onderwyswette (ook bekend as die Bela-wet). Dié omstrede wetgewing sal, indien dit goedgekeur word, die regering die mag gee om onder meer aan beheerliggame voor te skryf oor die onderrigtaal van ’n skool. Sluit Donderdag om 12:00 by Pleinstraat 100 by die betoging aan om teenkanting vir die wet te toon. RSVP by www.stopbela.co.za.
