AfriForum en Friends of Groenkloof and Klapperkop Nature Reserves het hande gevat om Fort Klapperkop in Pretoria op te knap en ’n veiliger omgewing vir besoekers te skep. Die ingangshek is onder meer oorgeverf en sonkragligte aangebring om die terrein ná donker te verlig.
