AfriForum het vandag strafregtelike klagtes teen Tebogo Manele, die waarnemende munisipale bestuurder van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, in Parys ingedien oor voortdurende rioolstortings in die Vaalrivier. AfriForum het drie jaar gelede ’n samewerkingsooreenkoms met die munisipaliteit aangegaan, maar ná AfriForum voorstelle gemaak het oor hoe om dienste in die dorp te verbeter, het die munisipaliteit niks van die voorstelle uitgevoer nie. Inwoners moet dikwels vir weke aaneen sonder lopende water oor die weg kom aangesien die wateraanleg op die dorp heeltemal wanfunksioneel is.
