Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, was vandag die eerste getuie in die saak wat die burgerregteorganisasie teen Julius Malema en sy ondersteuners gemaak het oor die sing van die lied Kill the Boer, Kill the Farmer. Die saak is vir tien dae op die hofrol in die Gelykheidshof wat in die […]
AfriForum en die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit het vandag hul samewerking op grondvlak geformaliseer met die ondertekening van ’n historiese memorandum van verstandhouding. Dié ooreenkoms is daarop gemik om gemeenskapsbetrokkenheid te bewerkstellig.
AfriForum het tydens sy nasionale kongres wat die naweek by ATKV-Klein-Kariba gehou is uiteenlopende leiers van outonome gemeenskappe byeengebring. Hiertydens is gesprekke gevoer oor die maniere waarop dié gemeenskappe reeds op voetsoolvlak saamwerk en saam ’n verskil maak. AfriForum se afdeling vir Interkulturele Verhoudings en Samewerking werk saam met outonome gemeenskappe landwyd wat, in gevalle […]
AfriForum Jeug het vandag ’n brief by die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit ingedien om beswaar aan te teken teen die stadige vordering van padkonstruksie in Lynnwoodweg in die omgewing van die Universiteit van Pretoria se hoofkampus. Nie net is daar reeds ’n reuse-oorskryding op die projek se kostes nie, maar die projek is ook reeds sowat […]
Al hoe meer mense leef die Orania-droom van Afrikaner vryheid en onafhanklikheid uit. Ontwikkelings en die uitsit van erwe het die afgelope paar jaar drasties toegeneem met waglyste vir mense wat hul in Orania wil vestig. Die ideaal om van dorp na stad met uiteindelik sowat 10 000 inwoners te groei, gaan waarskynlik baie vinniger […]
Orania is vinnig besig om mense se stoutste verwagtinge te oortref. Al hoe meer dromers, bouers en doeners, wat hul toekoms in hul eie hande wil neem, verhuis na Orania. Orania is dié dorp in die land waar alles behoorlik werk en waar die dorpsraad, sedert die dorp se ontstaan 31 jaar gelede, met skoon […]
Soveel mense vestig hulle in Orania omdat hulle graag hul kinders in ’n veilige en beskermende omgewing op die platteland wil grootmaak. ’n Gesonde gesinslewe, Christelike waardes en opvoeding is vir hulle baie belangrik. Orania het twee dagsorgsentrums, Kieliepensie en Huppelkind, waar van babas tot vierjariges liefdevol versorg word. Daar is twee skole, wat albei […]
Gegewe die feit dat groei, ontwikkeling en vooruitgang sinoniem met Orania is, is die opleiding van jongmense ook sentraal in die toekomsplan. Bo-Karoo Opleiding (BKO) het in 2019 die eerste voltydse groep studente ontvang en sowat 200 het reeds hul rooiseëlkwalifikasies verwerf. BKO-studente kan kwalifikasies verwerf in elektries, bou- en siviele konstruksie, loodgieter, landboubestuur en […]
Waarom bly soveel entrepreneurs en jongmense in Orania? Uit onderhoude wat met sakelui en entrepreneurs gevoer is, is dit duidelik dat Orania ’n spesifieke aantrekkingskrag het. Dit is beslis nie net ’n aftreedorp nie, hoewel dit ook die voorkeurkeuse van baie afgetredenes is. Dit is ’n dorp waar inwoners vir hulself ’n blink toekoms sien. […]
AfriForum het vandag met sy Ankerdorppadskou in Pretoria afgeskop. Tydens vandeesweek se loodsing gaan AfriForum-personeel inspring om onder meer vullis langs strate op te tel, padtekens te verf en te help met ontbossing van gebiede. ’n Besoek sal ook aan ’n diereskuiling gebring word waar skenkings van die publiek oorhandig sal word.
Die Ankerdorppadskou is ’n veldtog waartydens hoop in verskeie dorpe in die land geskep gaan word. Deur die loop van die jaar gaan daar vir vier weke lank op verskeie dorpe gefokus word. Selfdoenaksies gaan in sewe dorpe in ses provinsies aangepak word. Tydens dié padskou sal gemeenskappe ook geleentheid kry om self moue op te rol om hul omgewings en dorpe in geheel beter en skoner te maak.
Die dorpe wat deur die loop van die jaar aan die beurt kom is Rustenburg, George, Nelspruit, Tzaneen, Krugersdorp, Secunda en Bethlehem. Gemeenskapslede kan steeds deel van hierdie opwindende projekte wees selfs al woon hulle nie in een van die betrokke dorpe nie. Inwoners van omliggende dorpe word ook uitgenooi om deel te neem en ’n verskil te maak om ’n beter toekoms te skep.
AfriForum het vandag die diereskuiling Wollies in Pretoria-Noord besoek as deel van hul Ankerdorppadskou. Tydens die besoek het die burgerregte-organisasie bome geplant en ingesamelde kos, speelgoed en komberse aan die diereskuiling oorhandig.
Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir groter Pretoria-Noord, is die aksie se doel om dié mense by te staan wat die harde werk moet doen om vir hawelose honde en katte te sorg. “AfriForum ondersteun graag die organisasie in sy doel om vir dié honde en katte ’n heenkome te wees en daarom wil ons graag help. Ons het besluit om bome te plant sodat die diere nie in die son hoef te lê nie en ook om kos en speelgoed in te samel wat Wollies sal help om na die diere om te sien,” sê Grobbelaar.
AfriForum se Nelspruit-tak het reeds moue opgerol en gewoeker tydens die organisasie se #AnkerdorpPadskou.
Verder het die Nelspruit-tak, in samewerking met verskeie plaaslike besighede, ’n selfdoenaksie by die Pro Gratia-leersentrum vir spesiale onderrigbehoeftes gehou. Dié skool ontvang geen subsidiëring van die regering nie en is afhanklik van hul beperkte skoolfondse en die hulp organisasies soos AfriForum en die plaaslike gemeenskap om aan te hou groei.
Die buurtwagte in Nelspruit en Witrivier, asook die Nelspruit Concerned Citizens-inisiatief, het ook ’n gesamentlike buurtwagpatrollie gehou.
Verder het Ernst Roets, adjunk-uitvoerende hoof van AfriForum, het sy Quo Vadis-gespreksreeks in dié dorp aangebied, waar die kernfokus op die toekoms van Suid-Afrikaanse onderwys was.
Verskeie selfdoenaksies lê steeds voor. Volg AfriForum Nelspruit se Facebook-groep om op hoogte te bly van AfriForum se #AnkerdorpPadskou: https://www.facebook.com/groups/afriforumnelspruit/
Skole, plaaslike besighede en die gemeenskap het hande met AfriForum gevat om ’n verskil in hul dorp te maak tydens vandeesmaand se Ankerdorppadskou in Tzaneen. Verskeie skoonmaakaksies en opknappingswerk is in die dorp aangepak, die Dink of Sink-skoledebatskompetisie is vir die eerste keer in dié streek aangebied en plaaslike besighede is verras met middagetes.
Dit is nie ’n noodfonds nie, maar ’n hoopfonds.
Solidariteit Helpende Hand het dié Vrouemaand ’n fonds bekendgestel wat spesiaal gestig is om veral behoeftige meisies en vroue deur verskeie inisiatiewe by te staan en te bemagtig.
“Vroue is die ruggraat van ons samelewing en die hart van die huis en almal weet welstand begin by die huis. Net soos die historiese Susanna Smit bereid was om kaalvoet oor die Drakensberge te trek, is dit nou die tyd om ons land se vroue by te staan en te bemagtig,” sê René Roux, adjunk- uitvoerende hoof van kommunikasie by Solidariteit Helpende Hand.
Vir meer inligting besoek www.helpendehand.co.za en klik op FroueVonds.
“Ek glo dat bewusmaking die enigste manier is om die aandag op plaasaanvalle te vestig en die regering te dwing om meer te doen om boere te beskerm. Ek hoop om met hierdie projek ’n verskil in slagoffers se lewens te maak.” Só sê Bennie Roux, ultramaratonatleet, wat vandag as deel van AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid […]
Dag twee van AfriForum se Trauma-ondersteuningseenheid se #HardloopvirHoop-projek het vanoggend om 05:00 by die Frankfort-gholfklub begin. Bennie Roux en ander atlete het vandag 68 km gehardloop en in Reitz geëindig, waar leerlinge van Hoërskool Reitz hul verwelkom het en saam vanaf Wolweplaas tot by die skool gehardloop het. Dié atlete hardloop ten bate van AfriForum […]
| FORUM NUUS |
As deel van AfriForum se veldtog teen die vernietigende wetsontwerp oor nasionale gesondheidsversekering (NGV) het AfriForum vandag sy kommentaar daarteen by die parlementsgebou ingedien.
“Die regering moet nie ’n monopolie op mense se gesondheid hê nie. Indien die NGV ingestel word gaan die staat vir jou sê waar, deur wie en watter behandeling jy moet kry,” sê Natasha Venter, AfriForum se veldtogbeampte vir die NGV.
AfriForum se #OnsDorpOnsVeiligheid-projek het vandag afgeskop. Tydens hierdie projek gaan AfriForum-takke en -buurtwagte hulle fokus verskerp en nog meer projekte en veiligheidsaksies aanpak om hul onderskeie gemeenskappe te verbeter en te beveilig. Die organisasie moedig mense aan om by hul naaste tak of buurtwag aan te sluit om deel te word van die verskil.
Thandi Modise, speaker van die nasionale vergadering, het vandag vir die eerste keer in die Potchefstroomse landdroshof verskyn op aanklagtes van dieremishandeling.
Die saak is uitgestel tot 30 Oktober vir voorverhoor-beraadslaging tussen haar regspan en AfriForum, wat Modise privaat vervolg namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV). ’n Verhoordatum sal na verwagting dan bepaal word.
“AfriForum se privaatvervolgingseenheid is juis gestig om in sake soos dié van Modise, waar die NVG oënskynlik om politieke redes sy plig versuim, toe te tree en privaat te vervolg om geregtigheid te help verseker,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum.
AfriForum het vandag ’n petisie met meer as 17 000 Pretorianers se name aan die koalisievennote in dié stad oorhandig as deel van dié organisasie se #RedPretoria-veldtog. AfriForum het sowat twee weke gelede dié petisie van stapel gestuur om inwoners van die stad die geleentheid te gee om hul stem te voeg by ander wat […]