Forum Nuus: Affies en Durbanville wen in Dink of Sink- onvoorbereide debatkompetisie 09-10-2023

Vanjaar se AfriForum Dink of Sink- onvoorbereide debatskompetisie het Saterdag by Leriba-koshuis in Centurion plaasgevind en agt skole het aan die finaal deelgeneem. In dié kompetisie word spanne vyf minute gegun om die onderwerp voor te berei voor die debat begin. Die beoordelaars was beïndruk met die deelnemers se goed deurdenkte argumente en vermoë om op hul voete te dink. Die Afrikaanse Hoër Seunskool is as die senior wenspan aangewys en die Hoërskool Durbanville as die junior wenspan.

(Visited 1 times, 1 visits today)

You might be interested in

Post A Comment For The Creator:

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.